sy klink soos lente

Bennie Fourie, James Cuningham, Stiaan Smith en Wilson Dunster. FOTO Werner Botha/Plastiek

Sy Klink Soos Lente

Ontmoet die band! #SKSL

Sy Klink Soos Lente – die volgende fliek waaroor almal gaan praat! Nie net oor die toneelspel en storielyn nie, maar ook oor die musiek.

In dié nuwe Afrikaanse rolprent stig ’n paar “van die ouens” die band Groenblare om hul vriend, Ben (Stiaan Smith), te help om liefde te vind. En nou kan SARIE.com weekliks die lede van dié band bekend stel aan ons lesers.

Eerste ontmoet ons Groenblare se tromspeler. Wêreld, ontmoet vir James Cuningham!

James, bekend as teaterakteur, vertolk die rol van Ryan: ’n loner wat op die ou end die tromme vir Groenblare speel.

sy klink soos lente

FOTO Werner Botha van Plastiek

Watter liedjie speel in jou kop as jy aan Sy Klink Soos Lente dink?

Ek dink “Liedjie vir jou”, omdat dit ’n pragtige liedjie is en ek baie van die musiek se rangskikkings hou. Dit is ook die eerste liedjie wat ek geleer speel het en ek is ook mal oor die tromritmes.

Het jy voorheen bietjie tromme gespeel of moes jy leer speel?

Ek het nog nooit die tromme gespeel nie en was opgewonde om te leer. Ek het Anthony Coleman se digitale tromstel geleen om te oefen met oorfone aan. Die mense wat my geleer het, was ook baie geduldig.

Sy Klink Soos Lente

FOTO Werner Botha van Plastiek

Praat jy Afrikaans in Sy Klink Soos Lente?

Ek het nie nodig gehad om Afrikaans te praat nie, maar my Afrikaans het baie verbeter ná al die tyd op stel.

Wat staan uit as die lekkerste dag/gebeurtenis op die stel van Sy Klink Soos Lente?

Ek dink my gunsteling-oomblik was een van die dae wat ons lánk geskiet het. Ons was besig om in die aand te skiet, dit het gestortreën en almal was doodmoeg. Ons was op die verhoog besig om as ’n ware band te speel. Dit was vreeslik lekker! Ek’s gek oor die oomblik toe Stiaan omdraai en sê: “Jissie ouens, ons is in ’n band”.

Wat is die een ding wat ons nie weet van Sy Klink Soos Lente nie?

Wat jy nie weet nie, is dat Bennie Fourie selfs nóg snaakser in die regte lewe is. Om hom en Stiaan te sien improviseer, was beslis ’n hoogtepunt vir my.

Kyk Sy Klink Soos Lente se lokprent hier