amalia uys
Sy Klink Soos Lente

Was dit liefde? Amalia: “Dinge het net nie uitgewerk soos dit moes nie”

Majozi, Peach van Pletzen van Bittereinder, Hunter Kennedy van Die Heuwels Fantasties, Edwin van der Walt en HemelBesem gee redes vir die opbreek van een van SA se voorste groepe. En Amalia maak oop oor haar en die hoofsanger se liefde …

Die tweede dokumentêr oor Groenblare, wat bestaan uit Ben, Ryan, Oom Fanie en JJ, is pas uit! Musiekbekendes soos HemelBesem, Hunter Kennedy, Majozi, Peach van Pletzen van Bittereinder en akteur Edwin van der Walt is te sien in dié video. Elkeen van hulle het voorheen met Groenblare te doen gekry, of dit nou as aanhanger, kompetisie of vriend was.

Maar wat elke Suid-Afrikaner wil weet, is hoekom Groenblare opgebreek het. Was dit Linda (gespeel deur Amalia Uys) se skuld, was dit verslawings, was dit kreatiewe verskille, of was die druk van hul aanhangers net te veel?

Kyk die tweede deel van die Groenblare-dokumentêr vir antwoorde op dié vrae:

“Dinge het net nie uitgewerk soos dit moes nie …”

Die fliek Sy Klink Soos Lente, wat 30 September landwyd begin speel, vertel die storie van Groenblare se ontstaan.

FOTO: Werner Botha van Plastiek

FOTO Werner Botha van Plastiek

Is jy al nuuskierig?

Sy Klink Soos Lente gaan oor ’n motorwerktuigkundige (Stiaan Smith) wat sy baas se dogter (Amalia Uys) in ’n kroeg raakloop. Hy word onkant gevang deur haar sjarme, en vertel haar hy’s in ’n band. In sy kop is die volgende logiese stap om dan ’n band te begin. Hy en sy vriende van die werkswinkel span talente saam in ’n poging om haar hart te wen.

Jy kan vanaand Ster-Kinekor se eksklusiewe vertoning in 7 teaters kyk of jy kan wag vir die landwye bekendstelling op 30 September. Dis byna hier!

Lees nou

Die band wat Die Heuwels Fantasties se kollig gesteel het!

Ster-Kinekor se ladies’ night: Gaan fliek vóór die res van die land!

Die 1ste liedjie van Sy Klink Soos Lente is hier!