Taylor Swift
Bekendes

Taylor Swift se gedaanteverwisseling!

Oor die jare het Taylor Swift letterlik ’n styl-evolusie ondergaan, van country- tot popsanger. Die Grammy-wenner is keer op keer op die voorblad van ’n tydskrif. Nóú pronk sy op Vogue se voorblad. En sy lyk ongelooflik, soos jy haar nog nooit tevore gesien het nie!

Verlede jaar was omtrent ’n suksesvolle jaar vir die sanger. Haar album 1989 het verskeie Grammy-toekennings gewen, haar wêreldtoer was uitverkoop en haar verhouding met die platejoggie Calvin Harris is nog sterk.

Sy is die “meisie van langsaan”, maar ook een van die grootste popsterre van ons tyd. ’n Instagram-meester en kat-verslaafde wat terselfdertyd nie skroom om die magtige Apple aan te vat nie . . . selfs Danie Marais het die misterie van dié fenomeen probeer ontrafel.

Maar dié 26-jarige het beslis die afgelope paar jaar ’n gedaanteverwisseling ondergaan. Sy is darem nie al celeb wat die afgelope dekade verander het nie, die Kardashians lyk ook nie meer dieselfde nie.

Taylor Swift

Kyk net hoe ongelooflik lyk Taylor

Klik hier vir die volledige onderhoud met Vogue en die res van haar fotosessie.