FOTO: @jennapietersen

Bekendes

Jack Parow en sy Jenna se kindervideo’s in nuwe musiekvideo

Die Afrikaanse kletsrymer Jack Parow se nuutste musiekvideo, “Veilig”, sluit beeldmateriaal van homself en sy model-meisie as kinders in – en nou kan ons duidelik sien waar hul dogter, Ruby, haar voorkoms kry!

Dié musiekvideo sluit tonele in as ’n huldeblyk aan die kinderdae van Jack Parow (oftewel Zander Tyler) en Jenna Pietersen.

Zander het dié lied spesiaal vir Jenna geskryf en verlede jaar al vir haar gesing, vertel sy aan SARIE.com. Die tema van die lied word mooi vasgevat in die refrein: “Jy’s nooit alleen nie. By my kry jy nooit weer seer nie. Jy’s veilig …”

 Hier is een van die foto’s wat Jenna van haarself, Ruby en Jack gedeel het

Nog bekendes deel foto’s uit hul kinderdae

Leandie du Randt

Leandie en haar broer, Corné

Leandie en haar broer, Corné, as kinders FOTO: Instagram

Leandie en haar broer, Corné, as kinders
FOTO: Instagram

Elma Smit

Elma as die engel Gabrieël op skool

Karen Zoid

In hierdie twiet deel Karen haar musiekvideo wat ook gebruik maak van video’s uit haar kinderdae