FOTO:

FOTO:

Bekendes

2016 Pirelli-kalender maak nuus – vir ‘n goeie rede

Vanjaar se Pirelli-kalender het almal aan die praat aangesien dié een afwyk van die kenmerkende samestelling van sexy, smeulende foto’s. Die 2016-kalender fokus eerder op die prestasies van ’n diverse groep vroue, berig The Telegraph

Die bekende fotograaf Annie Leibovitz het nie net die vroue afgeneem nie, maar sy het elkeen met die hand uitgesoek en verduidelik hulle het die lys gehaal omdat sy elkeen bewonder.

Hier is die invloedryke vroue wat in die kalender te sien is:

  • Komediant Amy Schumer (hooffoto en foto hierbo)
  • Tennisspeler Serena Williams
  • Die 82-jarige musikant Yoko Ono
  • Skrywer Fran Lebowitz
  • Tavi Gevinson (19)skrywer en tydskrifredakteur
  • Ava DuVernay, regisseur en draaiboekskrywer
  • Model Natalia Vodianova, ook die stigter van die Naked Heart-stigting
  • Aktrise Yao Chen
  • Musikant Patti Smith
  • Agnes Gund, filantroop, en kampvegter vir kunsopvoeding
  • Filmvervaardiger Kathleen Kennedy
  • Mellody Hobson, president van Ariel Investments
  • Kunstenaar Shirin Neshat

Lees meer oor dié vroue HIER.

Dié video gee jou ’n agter-die-skerms-kykie van die 2016 Pirelli-kalender

Volgens Harper’s Bazaar is dit die 43ste Pirelli-kalender. Die kalender word nie verkoop nie en eksemplare word jaarliks deur die Italiaanse motormaatskappy Pirelli as geskenke gegee aan ’n uitgesoekte elite-groepie.

Bronne: The Telegraph en Harper’s Bazaar

Lees ook