vir altyd
Vir Altyd

5 redes waarom jy ‘Vir Altyd’ moet gaan kyk

Vir Altyd, Donnalee Roberts en Ivan Botha se nuwe film, begin vandag in teaters draai. 

En as jy steeds wonder of jy dit moet gaan kyk – hier is 5 redes om jou te oortuig!

1. Dit is die perfekte Valentynsdag-afspraak! Saam met jou maat, of sommer alleen – dit laat jou weer in vir altyd-tipe liefde glo.

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

2. Die fliek is baie mooi geskiet! Regisseur Jaco Smit het hom uitstekend van sy taak gekwyt! Jy sal dadelik Mauritius toe wil gaan nadat jy Vir Altyd gesien het.

FOTO: Donnalee en Ivan

FOTO: Donnalee en Ivan

3. Veteraan-akteurs Elize Cawood en Wilson Dunster is ook in die film getroud. En dis maklik om te sien waarom hulle van SA se bekendste akteurs is. Hulle storielyn laat jou uitsien na oudword saam met jou sielsgenoot.

FOTO: Jacques "Jay" Loots, keyart.co.za (verskaf)

FOTO: Jacques “Jay” Loots, keyart.co.za (verskaf)

4. Die musiek in die film is uitstekend!

5. Die troue! Van Donnalee se Vesselina Pentcheva-trourok tot die onthaal met die roosgoud-detail. En natuurlik ook die partytjie met die kelnerin wat haar hart uitdans – glo ons, jy móét dié danspassie sien!

KORREKTE ONDERSKRIF: Donnalee en Ivan in 'n toneel uit Vir Altyd. Die trourok is deur Vesselina Pentcheva

KORREKTE ONDERSKRIF:
Donnalee en Ivan in ‘n toneel uit Vir Altyd. Die trourok is deur Vesselina Pentcheva

SARIE is ’n trotse mediavennoot van Vir Altyd.