vir altyd
Vir Altyd

7 voorvertonings van ‘Vir Altyd’ + WEN kaartjies na die glansryke première

Vir Altyd, die nuwe Afrikaanse romantiese avontuurfilm op almal se lippe, begin op 12 Februarie in teaters landwyd draai.

Maar as jy nie tot dán kan wag nie, is daar ’n paar geleenthede om Vir Altyd voor die tyd te sien. En dit sluit in 2 glansgeleenthede waar jy skouers kan skuur met bekendes!

Dié glansryke premières in Johannesburg en Paarl is nie oop vir die publiek nie, maar ’n paar gelukkige SARIE.com-lesers kan kaartjies na dié geleenthede wen!

Johannesburg

Kom in jou beste formele eiland-drag en wees gereed om jou skoene uit te skop en die sand tussen jou tone te voel …

DATUM: Donderdag 4 Februarie

TYD: 18:30 vir 19:00

PLEK: Ster-Kinekor, Cedar Square, Fourways

Skryf hier in om kaartjies vir dié première te WEN

Paarl

Kom in jou beste formele eiland-drag en wees gereed om jou skoene uit te skop en die sand tussen jou tone te voel …

DATUM: Dinsdag 9 Februarie

TYD: 18:30 vir 19:00

PLEK: Rhebokskloof Wynlandgoed, wynroete no. 8, Windmeul, Agter-Paarl

Skryf hier in om kaartjies na dié première te WEN

Nóg vertonings van Vir Altyd

Vrydag, 29 Februarie, Potchefstroom by die Mooirivier-inkopiesentrum

Saterdag, 30 Januarie, Klerksdorp by die Matlosana-inkopiesentrum

Sondag, 31 Januarie, Atterbury-teater in Pretoria, die #SARIEVIRALTYD-première in eersteklasstyl saam met Donnalee, Ivan en die res van die Vir Altyd-span. Dankie aan ons borge wat dit moontlik maak – Placecol, Makro, Sweet Temptations, Lipton, Chocolat Frey en Ceres. (Dié kaartjies is ongelukkig reeds uitverkoop!)

Woensdag, 3 Februarie, is daar ’n spesiale damesaand by sewe Ster-Kinekor-teaters waar Vir Altyd wys.

Saterdag, 6 Februarie, Pretoria by The Grove.

Vir Altyd begin op 12 Februarie 2016 landwyd draai en SARIE is ’n trotse mediavennoot.

Lees meer oor Vir Altyd HIER