vir altyd
Vir Altyd

KYK DIT EERSTE! Vir Altyd se lokprent

Die amptelike lokprent van Vir Altyd, Donnalee Roberts en Ivan Botha se nuutste fliek, is pas bekend gestel. 

Vir Altyd beloof om die grootste avontuur van die jaar te wees wanneer dit in 2016 in teaters begin draai.

Die rolprent gaan oor Nina (Donnalee) en Hugo (Ivan) wat as kinders beste maats was en ná baie jare weer ontmoet wanneer Hugo, ’n reisfotograaf, terugkeer na sy ouershuis in die Paarl, onwetend dat Nina die volgende dag trou.

Onverwags word Hugo deel van Nina se groot dag, maar wanneer Nina se verloofde nie die groot stap kan neem nie, besluit sy om steeds haar gaste te onthaal en hou hulle lekker partytjie – met baie sjampanje.

Toe sy weer sien, sit sy en Hugo op ’n vliegtuig op pad Mauritius toe, die tropiese eiland van liefde …

Met ’n uitstekende rolverdeling, prentjiemooi stelle en romantiese avonture sien ons baie uit na dié fliek!

Hier is die lokprent

Vir Altyd sal op 12 Februarie 2016 landwyd begin draai en SARIE is ’n trotse mediavennoot.