FOTO: Jacques "Jay" Loots, keyart.co.za (verskaf)

FOTO: Jacques "Jay" Loots, keyart.co.za (verskaf)

Vir Altyd

Mauritius-vakansie! 15 000+ inskrywings, maar net een wenner …

Dink net: ’n Oggendbriesie wat rustig deur die gordyne waai, golwe op die agtergrond, ’n luilekker dag van rus en speel en verken op die eiland, en ’n laatmiddag swem in blou waters. Klink dit vir jou soos iets uit ’n fliek? Wel, dit is – en een gelukkige SARIE-leser kon dié droomvakansie na Mauritius wen!

Pelser Uys, jy en jou vrou sal jul tasse moet pak!

Ons het verlede week Donderdag vir Pelser gebel om hom geluk te wens met hierdie groot prys. Sy plan is toe om dié goeie nuus aan sy vrou op Valentynsdag te deel. Pelser het vir hulle blommekranse gekoop en om hul nekke gehang en met ’n bottel vonkelwyn vir haar die e-pos van SARIE gewys. “Sy was eers heeltemal sprakeloos en is eintlik steeds,” vertel hy.

Pelser Uys Mauritius

Hulle kan uitsien om die strande waar Donnalee Roberts en Ivan Botha in Vir Altyd loop te besoek, om af te koel in die swembaddens waar akteurs Elize Cawood en Wilson Dunster swem, of om te gaan dans op die dansvloer asof sy vrou ook ’n Vesselina Pentcheva-rok dra.

FOTO: Jacques "Jay" Loots, keyart.co.za (verskaf)

FOTO: Jacques “Jay” Loots, keyart.co.za (verskaf)

World Leisure Holidays het vir een gelukkige SARIE-leser ’n vakansie vir 2 na Mauritius ter waarde van R71 000 gegee. Long Beach Golf & Spa Resort spog met ’n 1,3 km lange sandstrand, 3 swembaddens, ’n verskeidenheid kamers en familiekamers, see- en rivier-uitsigte, 5 restaurante, byna 100 verskillende sportsoorte en aktiwiteite, ’n spa om in rustig te word én een van die mooiste gholfbane in die wêreld!

FOTO: Jacques "Jay" Loots, keyart.co.za (verskaf)

FOTO: Jacques “Jay” Loots, keyart.co.za (verskaf)

DIE PRYS

  • 2 retoerkaartjies van Johannesburg se O.R. Tambo-lughawe na Mauritius op Air Mauritius
  • Verwelkomingsdienste en vervoer na en van die hotel op Mauritius
  • Skemerkelkies met aankoms by hotel
  • 5 nagte se verblyf by Long Beach-strandoord vir 2
  • Ontbyt en aandete daagliks
  • Alle water-aktiwiteite, behalwe motorgedrewe water-aktiwiteite
  • Vermaak in die aand

DIE PRYS SLUIT NIE DIE VOLGENDE IN NIE

  • Reisversekering
  • Alle vervoer en vlugte in Suid-Afrika na en van O.R. Tambo-lughawe
  • Alle ander drankies, etes en onkoste wat nie by die prys hierbo ingesluit is nie

Baie geluk, Pelser!

Vir Altyd begin op vandag, 12 Februarie 2016 landwyd draai en SARIE is ’n trotse mediavennoot.

Lees nou: