vir altyd
Vir Altyd

Agter die skerms by ‘Vir Altyd’

Ons tel die dae af om uiteindelik Nina en Hugo se avonture van die Paarl af tot op Mauritius in die Vir Altyd-fliek te sien. Donnalee Roberts en Ivan Botha het ’n jaar lank aan Vir Altyd se storie geskryf. En ons weet sommer as dié tweetjies koppe bymekaarsit, kan dit net goed wees!

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Agter die skerms op die Vir Altyd-filmstel

Die rolprent gaan oor Nina (Donnalee) en Hugo (Ivan) wat as kinders beste maats was en ná baie jare weer ontmoet wanneer Hugo, ’n reisfotograaf, terugkeer na sy ouerhuis in die Paarl, onwetend dat Nina die volgende dag trou.

Onverwags word Hugo deel van Nina se groot dag, maar wanneer Nina se verloofde nie die groot stap kan neem nie, besluit sy om steeds haar gaste te onthaal en hulle hou lekker partytjie – met baie sjampanje.

Toe sy weer sien, sit sy en Hugo op ’n vliegtuig op pad Mauritius toe, die tropiese eiland van liefde …

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Vir Altyd begin op 12 Februarie 2016 landwyd draai en SARIE is ’n trotse mediavennoot.

Komende Sondag onthaal ons sowat 400 gaste by die Atterbury-teater in Pretoria en ons kyk Vir Altyd saam met Donnalee, Ivan en die res van die Vir Altyd-span – in eersteklasstyl! Dankie aan ons borge wat dit moontlik maak – Placecol, Makro, Sweet Temptations, Lipton, Chocolat Frey en Ceres.

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Donnalee skitter op ons Februarie-voorblad. Ons kuier saam met haar en Ivan op Mauritius – moenie die fotosessie misloop nie! Nou te koop.

Donnalee Roberts Februarie Feb 2016

Kyk die lokprent hier

Lees nou