vir altyd
Vir Altyd

‘Vir Altyd’ se damesaand!

Vir Altyd, die nuwe Afrikaanse romantiese avontuurfilm op almal se lippe, begin op 12 Februarie in teaters landwyd draai. En ons kan nie wag om uiteindelik Nina (Donnalee Roberts) en Hugo (Ivan Botha) se storie te hoor nie!

Maar op Woensdag 3 Februarie kan vroue hul regmaak vir ’n damesaand saam met Vir Altyd! Donnalee en Ivan se avontuurfilm wys spesiaal en eksklusief in 7 teaters landwyd.

FOTO: VERSKAF

FOTO: VERSKAF

Donnalee en Ivan nooi alle vroue!

Bespreek jou kaartjies nou vir 3 Februarie 2016 om 20:00 by hierdie 7 Ster Kinekor-teaters:

1. Ster Kinekor Brooklyn, Pretoria

2. Ster Kinekor Mimosa, Bloemfontein

3. Ster Kinekor Cradlestone, Krugersdorp

4. Ster Kinekor Tygervallei, Kaapstad

5. Ster Kinekor Eastgate, Johannesburg

6.  Ster Kinekor Kolonnade, Pretoria

7. Ster Kinerkor Garden Route, George

Kaartjies kan nóú by Ster Kinekor bespreek word. Moenie dié geleentheid misloop nie!

Waaroor gaan Vir Altyd?

FOTO: Skermgreep

SKERMGREEP: YouTube

Die rolprent gaan oor Nina (Donnalee) en Hugo (Ivan) wat as kinders beste maats was en ná baie jare weer ontmoet wanneer Hugo, ’n reisfotograaf, terugkeer na sy ouerhuis in die Paarl, onwetend dat Nina die volgende dag trou.

Onverwags word Hugo deel van Nina se groot dag, maar wanneer Nina se verloofde nie die groot stap kan neem nie, besluit sy om steeds haar gaste te onthaal en hulle hou lekker partytjie – met baie sjampanje.

Toe sy weer sien, sit sy en Hugo op ’n vliegtuig op pad Mauritius toe, die tropiese eiland van liefde …

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Kyk die lokprent hier

Lees nou