vir-altyd-poster-544x800 (1)
Vir Altyd

VIR ALTYD: Donnalee Roberts sou wát wou word?!

Die Vir Altyd-span is net vol verrassings! Sy kan nie sing nie, maar as Donnalee Roberts nie ’n aktrise was nie, sou sy ’n rockster wou word. En Ivan Botha sou op Mauritius wou woon. Gelukkig vir ons het  die tweetjies eerder vermaaksterre geword!

Die Vir Altyd-sterre deel met ons wat hulle sou wou word indien hulle nie voor die kameras beland het nie.

Ons kan letterlik nie meer wag om Vir Altyd te sien nie, want dit beloof om die grootste avontuur van die jaar te wees!

Die rolprent gaan oor Nina (Donnalee) en Hugo (Ivan) wat as kinders beste maats was en ná baie jare weer ontmoet wanneer Hugo, ’n reisfotograaf, terugkeer na sy ouerhuis in die Paarl, onwetend dat Nina die volgende dag trou.

Onverwags word Hugo deel van Nina se groot dag, maar wanneer Nina se verloofde nie die groot stap kan neem nie, besluit sy om steeds haar gaste te onthaal en hulle hou lekker partytjie – met baie sjampanje.

Toe sy weer sien, sit sy en Hugo op ’n vliegtuig op pad Mauritius toe, die tropiese eiland van liefde …

Kyk dié lokprent hier:

Vir Altyd sal op 12 Februarie 2016 landwyd begin draai en SARIE is ’n trotse mediavennoot.

Donnalee skitter op ons Februarie-voorblad. Ons kuier saam met haar en Ivan op Mauritius – moenie die fotosessie misloop nie! Nou te koop.

Donnalee Roberts Februarie Feb 2016

Lees nou