vir altyd
Vir Altyd

‘Vir Altyd’ laat rekords spat!

In net drie dae het die romantiese avontuurfilm Vir Altyd meer as R4,7 miljoen gemaak. En dis ook al in die eerste naweek deur 89 731 mense gekyk.

Die sterre van Vir Altyd, Donnalee Roberts en Ivan Botha, het in 2014 met hul eerste lokettreffer, Pad na jou hart, tydens die openingsnaweek R3,1 miljoen gemaak. Dit plaas Vir Altyd amptelik in die voorste posisie vir beste verdienste vir ’n Afrikaanse fliek tydens sy eerste naweek.

KORREKTE ONDERSKRIF: Donnalee en Ivan in 'n toneel uit Vir Altyd. Die trourok is deur Vesselina Pentcheva

KORREKTE ONDERSKRIF:
Donnalee en Ivan in ‘n toneel uit Vir Altyd. Die trourok is deur Vesselina Pentcheva

Die rolprent gaan oor Nina (Donnalee) en Hugo (Ivan) wat as kinders beste maats was en ná baie jare weer ontmoet wanneer Hugo, ’n reisfotograaf, terugkeer na sy ouerhuis in die Paarl, onwetend dat Nina die volgende dag trou.

Onverwags word Hugo deel van Nina se groot dag, maar wanneer Nina se verloofde nie die groot stap kan neem nie, besluit sy om steeds haar gaste te onthaal en hulle hou lekker partytjie – met baie sjampanje.

Toe sy weer sien, sit sy en Hugo op ’n vliegtuig op pad Mauritius toe, die tropiese eiland van liefde …

SARIE is ’n trotse mediavennoot.

Baie geluk, Donnalee en Ivan!

Lees nou