vir altyd
Vir Altyd

Vir Altyd nóú nommer 1

Die romantiese avontuurfilm Vir Altyd het nóg ’n rekord opgestel! Vir Altyd is die nommereen- Afrikaanse film by die loket en het Liefling verbygesteek. In net vier weke het dit R13,4 miljoen verdien.

In sy eerste drie dae het Vir Altyd meer as R4,7 miljoen gemaak. Dis in die eerste naweek deur 89 731 mense gekyk!

Die sterre van Vir Altyd, Donnalee Roberts en Ivan Botha, het in 2014 met hul eerste lokettreffer, Pad na jou hart, tydens die openingsnaweek R3,1 miljoen gemaak.

Vir Altyd

FOTO: Skermgreep

FOTO: Skermgreep

FOTO: Skermgreep

Die rolprent gaan oor Nina (Donnalee) en Hugo (Ivan) wat as kinders beste maats was en ná baie jare weer ontmoet wanneer Hugo, ’n reisfotograaf, terugkeer na sy ouerhuis in die Paarl, onwetend dat Nina die volgende dag trou.

Onverwags word Hugo deel van Nina se groot dag, maar wanneer Nina se verloofde nie die groot stap kan neem nie, besluit sy om steeds haar gaste te onthaal en hulle hou lekker partytjie – met baie sjampanje.

Toe sy weer sien, sit sy en Hugo op ’n vliegtuig op pad Mauritius toe, die tropiese eiland van liefde …

Kyk die lokprent hier

SARIE is ’n trotse mediavennoot.

Baie geluk, Donnalee en Ivan!

Donnalee skitter op ons Februarie-voorblad. Ons het saam met haar en Ivan op Mauritius gekuier. Dié uitgawe kan steeds aanlyn gekoop word.

Donnalee Roberts Februarie Feb 2016

 

Lees nou