vir altyd

Donnalee en Ivan in 'n toneel uit Vir Altyd. Die trourok is deur Vesselina Pentcheva gemaak.

Vir Altyd

Vir Altyd wys nou ook oorsee

Nou het jy ook die kans om die Afrikaanse rekordbreker-prent Vir Altyd te kyk as jy in Australië en Nieu-Seeland woon!

Ivan Botha en Donnalee Roberts se Vir Altyd het reeds R15 660 000,00 by die plaaslike loket verdien.

“Ek dink verwag is ʼn tricky woord. Jy het ʼn getal in jou gedagte. En jy hoop en bid en glo jy sal daarby uitkom. Ons is uitgeboul. En ons is bewus van die tye en die druk waaronder mense leef. Om dus hul geld om te draai en vir jou te gee is humbling. Dit is jammer die res van die filmbedryf kon nie die momentum behou het nie, want die rolprente wat vandag gemaak word, is regtig van ʼn baie hoë gehalte. Mense moet asseblief aanhou om ons plaaslike bedryf te ondersteun”, het Ivan Botha aan Fanie Cronjé gesê.

In Suid-Afrika is Vir Altyd al deur 320 000 mense gekyk. Die aanvraag na hierdie romantiese avontuurprent het groter en groter geword, al die pad tot in die buiteland!

vir altyd

Indien jy in Australië of Nieu-Seeland woon of iemand ken wat daar woon, deel die goeie nuus en word deel van die Vir Altyd-avontuur! Die prent sal by verskeie teaters wys vanaf 30 April tot 15 Mei. Volg hierdie skakel vir die volledige lys van teaters waar Vir Altyd in Australië en Nieu-Seeland speel: http://onstv.net/in_cinemas_new.php

vir altyd

FOTO: Jacques “Jay” Loots, keyart.co.za (verskaf)

Die rolprent gaan oor Nina (Donnalee) en Hugo (Ivan) wat as kinders beste maats was en ná baie jare weer ontmoet wanneer Hugo, ’n reisfotograaf, terugkeer na sy ouerhuis in die Paarl, onwetend dat Nina die volgende dag trou.

Onverwags word Hugo deel van Nina se groot dag, maar wanneer Nina se verloofde nie die groot stap kan neem nie, besluit sy om steeds haar gaste te onthaal en hulle hou lekker partytjie – met baie sjampanje.

Toe sy weer sien, sit sy en Hugo op ’n vliegtuig op pad Mauritius toe, die tropiese eiland van liefde …

Kyk die lokprent hier

SARIE is ’n trotse mediavennoot.

Lees ook: