sr1304_cover_behined_4_kl
Voorbladvoorkoms

Voorbladster Corlea verklap haar koestergoed

Corlea agter die skerms

Kleur is haar ding! Corlea het met helderpienk toonnaels soos dié van Revlon in Fuchsia Fever (R90) by die fotosessie opgedaag.

Corlea se gunsteling naellakCorlea agter die skerms

Corlea is mal oor honde! “As ek haar laat begaan, sal sy al wat ’n hond is huis toe bring!” sê haar ma, Mesadi. Hulle het drie honde, Kuma (beteken beertjie in Japannees), Rolo en Nomi (beteken vlooi in Japannees).

Corlea se KumaCorlea se Rolo

Corlea se Nomi

Toe sy nog ’n dogtertjie was, het haar ma bier gebruik om krulle in haar hare te laat bly. Haar fyn hare is met bier gespuit voor die krullers ingesit is. “En dit het gehou!”sê Corlea.

Corlea agter die skerms

Corlea se gunstelinge: Soesji en haar DVD-versameling. “Ek het alles, van The Golden Girls tot House!”

Corlea is mal oor soesjiCorlea se DVD-versameling

Haar selfoonhouer lyk nes ’n kasset uit die tagtigerjare:

Corlea se selfoonhouer

Corlea dra dié swart waaier altyd by haar:Corlea se swart waaier

Kyk die agter die skerms-video met Corlea waarin sy vertel dat musiek háár terapie is.

Lees die volledige onderhoud en artikel oor Corlea in die April-uitgawe van SARIE. Nou op die rakke!

Corlea agter die skerms