Agter die skerms saam met Vicky Davis

Deur Fanie Cronjé, SARIE September 2010

Agter die skerms saam met Vicky Davis Foto’s: Odette Peiser Galery

Ons het haar leer ken in Pasella en 7de Laan, maar Vicky Davis se lewe strek van Bollywood tot Rome. Hier's sy agter die skerms van SARIE se voorbladsessie te sien

Ons Oktober-voorblad is regtig anders. Dalk nie in formaat en voorkoms nie, maar anders in hoe dit gebeur het.

Want sien, Vicky Davis is 'n Kaapse meisie, dis waar sy woon en werk. En dis dan ook waar die foto's geneem word. 'n Eerste vir my wat gewoonlik so gerieflik met my eie span werk! Soos 'n goed geoliede masjien weet elkeen wat van hulle verwag word. Hulle ken SARIE-voorblad-shoots, weet wat om te doen en nog belangriker, wat om nie te doen nie.

Maar nou werk ek met 'n nuwe span. Vir Vicky self het ek nog nie ontmoet nie, hoewel ek haar al lank dophou. Mooi fyn soos 'n bokkie, en 'n reusetalent, was my eerste indrukke.

So is ek toe op 'n laat Donderdagaand op pad Kaapstad toe met die groot, swaar tas propvol klere en skoene en juwele. Dit begin sommer deurmekaar. Gewoonlik pak ek rustig al my uitrustings uit op 'n reling. Meg en pas en sit goed by. Maak die prentjie op presies soos ek dit sien, en vat nog 'n paar ekstra kledingstukke vir ingeval dié wat ek gekies het nie werk nie. Dít kon ek natuurlik nie nou doen nie, want spasie en gewig is mos 'n probleem. Maar dit daar gelaat, dis nie soseer die probleem nie, dit kom nog!

Sowat drie, vier maande gelede het my kollega Maryke my vertel van 'n SA ontwerper wat juwele maak in Londen, en wat letterlik internasionale sukses behaal. Met die halssnoer op pad word Vicky se hele sessie rondom die halssnoer gereël. En toe, toe ons moet shoot, is daar geen halssnoer nie! Wat 'n teleurstelling. Ons moes toe die fotosessie laat werk, en soos altyd hét ons 'n voorbladfoto laat werk. Vicky het nie eers agtergekom daar is iets weg nie. Gelukkig het ek 'n tweede opsie, of om in akteurstaal te praat, 'n understudy, 'n supporting act, byderhand gehad. Baie mooi, moenie 'n fout maak nie. Dit het vir my gelyk soos iets wat Nicole Kidman in Moulin Rouge kon dra.

Die understudy is nooit heeltemal so goed soos die eerste keuse nie, daar is immers ʼn rede hoekom daar in die eerste plek op die, wel, eerste keuse besluit is! Maar sommige mense reken dat nommer twee dalk selfs beter kan wees. Ek weet nie. Ek weet net: Gaan aan, maak jou planne, maar maak net seker jy het 'n plan B!

  • Hare Fiona Gentry
  • Grimering Fiona Gentry
  • Plek Private Collections, Waterkantstraat 66, Kaapstad

Verwante artikels

Galery

  • dsc0893.jpg
  • Fiona Gentry (haar- en grimeerkunstenaar) en Vicky
  • Fiona Gentry doen Vicky se hare vir voorbladfot
  • Fiona Gentry doen Vicky se grimering
  • Voorbladgrimering - Fiona Gentry weet net hoe!
  • SARIE se sosiale en stylredakteur, Fanie Cronjé
  • Fiona Gentry doen Vicky se hare vir voorbladfoto
  • En die hare het gewaai!
  • Juweliersware wat Fanie vir Vicky uitgekies het
  • En daar's nog!
  • Amper daar! Vicky se hare grimering so byna klaar.
  • Só moet 'n grimeertassie se inhoud mos lyk!
  • Geurig en kleurryke wierookstokkies
  • Ligte, kameras, aksie! Die voorbladsessie begin
  • Eksotiese Vicky - soos gesien in die Oktober-SARIE
  • Eksotiese Vicky - soos gesien in die Oktober-SARIE
  • 'n Tweede uitrusting, nuwe lippe
  • So, ja!
  • dsc0867.jpg
  • Kaalvoet in 'n tipies Indiese langbroek
  • Private Collections in Kaapstad
  • Vicky voor die kamera
  • dsc0890.jpg
  • Vicky agter die skerms (en voor die spieël)
  • "Hoe lyk hierdie vir julle. Kan dit werk?"
  • Koffiebreuk...
  • Fanie se keuse van uitrustings vir Vicky
  • Danny Toüa, SARIE se stilis
  • SARIE se sosiale en stylredakteur, Fanie Cronjé
  • Fotograaf, Micky Hoyle bekyk sy foto's
  • Vicky in aksie voor die kamera
  • Die "wind-effek" - só maak mens
  • Micky by Fanie en Danny van SARIE

Kommentaar

  • Awesome foto sessie. Ek is n fotograaf by die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein en ek dink die fotos van Vicky is puik!!!

    9de Feb. 2010, 11:14

Web Development by FormFunction