img_0533
Voorbladvoorkoms

Janie du Plessis: Agter die voorbladskerms

 Haar steeds sexy, seunsagtige lyfvorm (breë skouers, ‘n plat maag en smaller heupe) het my geïnspireer om weg te bly van gestruktureerde stukke en haar vroulik te stileer,” sê Fanie Cronjè, SARIE se sosiale- en styl-redakteur.

“Die goue top was ideaal om haar neklyn en sterk skouers te versag. Vir dié figuur, wat Trinny en Susannah van What Not to Wear “the brick” noem, is V-nekke en noupassende toppies ewe vleiend, want dit gee jou lyf vorm.”

“Hou ook jou langbroeke en rompe sag, vloeiend en vroulik. En dra maar die kort rompie – jou lang bene is wat die asems wegslaan!”

 

Agter die skerms saam met Janie en SARIE

Klik ook hieronder op die galery vir nog foto’s.

Janie sit sodat haar hare gestyl kan word Tyd vir grimmering! Janie straal
Agter die skerms saam met Janie Agter die skerms saam met Janie Fotograaf Gerda Genis
  • Brenda Sideratos

    Ek volg Janie se lewe al van 1986…. ek was toe maar in standerd 9…. sy bly die mooiste vrou op aarde…. so bly sy het nou n boek uitgebring… ek kry my kopie Dinsdag!! kan nie wag nie… Dankie vir die mooiste fotos Sarie!

  • Annatjie Broeckx

    Jys n ster. Ek is nou so 11 maande klaar met chemo en 8 met bestraling wat ‘n pad, jy sal weet. Wat my deur alles gehelp het was die Here, my man seuns, ma en vriendinne. en dan die belangrikste was ‘n mens se gesindheid, jy moet net positief wees, jou kop maak jou sieker.

    My niggie is nou so 2 maande ook gediagnoseer met borskanker vase 3 sy kry 18 behandelings.

    Partymal lyk dit vir my of dames net dink dit kannie met hulle gebeur, hul maak ‘n groot fout kanker vra nie hoe oud jy is, hoe ryk jy is hoe mooi jy is hy kom soos ‘n dief in die nag!!!!! Liefde Annatjie

  • http://www.journeyofhope.co.za Frieda Henning – Journey of Hope

    Janie is ‘n pragtige vrou, binne en buite! Ons is bevoorreg om haar as deel van die Journey of Hope span te he. Sy is net wie sy is met geen "plastiekomhulsel nie".

  • Anna-Marie Versfeld

    Ek het in Maart vanjaar ‘n beenmurgoorplanting gehad na twee jaar van veg teen limfoom. Ek is tans in remissie en dit sukkel maar om weer tot die "normale" lewe terug te keer. Na so ‘n ondervinding, verander jou siening van "normaal" egter drasties. Na jy so ‘n pad gestap het en by kere God se Heilige Teenwoordigheid op ‘n baie fisiese wyse beleef het, weet jy dat jou lewe nooit weer dieselfde kan wees nie. Jy is so afhanklik van Hom in ALLES wat jy aanpak, hoe klien ookal. Jy streef na Sy volmaakte wil vir jou lewe. Jy soek Hom gedurig en hoor hoe Hy met jou praat. Jy wil mense help. Jy vra dat Hy daardie mense op jou pad moet stuur. Geld en goed maak nie meer vir jou saak nie. Jy is spiritueel heeltemal op ‘n ander plek. Sterkte vir jou vorentoe, Janie. Hy wat jou genees het, sal jou altyddeur lei en jou tot die eer van Sy Naam as instrument gebruik.

  • http://qdbuqyexxbvg.com/ ojxnqe

    MrlaiM taokocksvjrq, [url=http://injcgpypcrke.com/]injcgpypcrke[/url], [link=http://hbxvgowhedgx.com/]hbxvgowhedgx[/link], http://rlvjrsvfbqaw.com/