Agter die voorbladskerms saam met Altus en Zetske
Foto’s: Phyllis Green Galery
Daar was liefde in die lug toe Oubaas se dogter en haar hunk voor die kameras verskyn het. Kom kuier saam!
Saam met die prag-artikel propvol van die mooiste troufoto's in die Maart-uitgawe, moes akteurspaar Zetske van Pletzen en Altus Theart ook voor die kamera hul magic werk vir die voorblad. En magic, dié was dit!
In die artikel gesels die twee openlik oor hul mooiste dag – volgens hulle 'n droomtroue. "Dit was ongelooflik, ek het nie woorde om dit te beskryf nie. Ek was die hele dag kalm en ontspanne, maar toe ek daar afstap, het die trane net begin loop. Dit was 'n oorweldigende, emosionele ervaring. En toe ek in sy oë kyk en ek sien dis bloedrooi, toe begin ek net meer huil," sê Zetske.

* Kry die Maart-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 13 Februarie te kry) met bladsye vol foto's van hul troue én wittebrood.

Verwante artikels
-
Altus en Zetske deel hul wittebrood-foto-album
SARIE Maart 2012 | Kommentaar: 14
TV-sterre Altus Theart en Zetske van Pletzen het eers in die Pilanesberg en toe in Kenia gaan wittebrood hou. Hulle deel hul foto-album eksklusief met SARIE-lesers. (Wittebrood: www.heyneketours.com)
-
Altus Theart se eerste musiekvideo
SARIE April 2012
Getroud met rugby se Fafa sing nou! Die akteur Altus Theart se debuut-album is uit en sy eerste musiekvideo, So verlief, is nou te sien

















Kommentaar
noeleen kempen het gesê:
altwee so mooi en "down to earth" Die tweetjies lyk nie net gelukkig nie,n mens kan sien hulle is. baie geluk en n mooi toekoms saam.
2de Mar. 2012, 09:35AMANDA het gesê:
Oom Oubaas het seker glad nie `n gevleuelde woord gese oor Altus nie. Stunning paartjie. Ek weet hulle gaan mekaar baie mooi oppas en baie jare gelukkig wees.
29ste Feb. 2012, 08:31Petro het gesê:
Julle twee is pragtig en mag julle baie gelukkig wees.
21ste Feb. 2012, 11:42Elzette Maarschalk het gesê:
Ai die twee is darem SO verlief! Almal het inderdaad gehuil, nie net Altus nie, toe Zetske alleen in haar pragtige rok oor die grasperk aangestap gekom het. Dit was prentjiemooi. Baie geluk ook aan SARIE met die interessante artikel! Poodles, geniet julle werk en mekaar! x x x MOB MaBeer Elzette Ma en natuurlik "Joe Clark" :-)) PS Juanita, ek sal vir Kleintjie laat weet jy onthou nog jou Gr. 1 onderwyseres! En ja, sy was mooi met haar bee hive en groot oorbelle en mini skirtjies en al!!!
14de Feb. 2012, 12:13Lorinda Theart het gesê:
Kan 'n moederhart dit hou! Van A tot Z is julle net een bondel vreugde. Mag jul verruklike sprokiestroue in 'n wonderlike huwelik ontwikkel. Julle kan dit doen!
14de Feb. 2012, 10:57Juanita E Smit het gesê:
ai om te dink die pragtigte Zetske se ouma was my graad 1 juffrou gewees, en sy was net so pragtige mens gewees sal haar sekerlik nooit vergeet nie,
13de Feb. 2012, 11:36Karen Appel Neethling het gesê:
Stunning paartjie en ek moet se dat Altus werklik gelukkig lyk dis nie dai fake geluk nie want jy kan dit in sy oe sien! Baie raar!
13de Feb. 2012, 11:21Marianne Crowe het gesê:
Pragtige paartjie en pragtige voorblad!
13de Feb. 2012, 09:45