sr1203_web_blad_03
Voorbladvoorkoms

Agter die voorbladskerms saam met Altus en Zetske

Saam met die prag-artikel propvol van die mooiste troufoto’s in die Maart-uitgawe, moes akteurspaar Zetske van Pletzen en Altus Theart ook voor die kamera hul magic werk vir die voorblad. En magic, dié was dit!

In die artikel gesels die twee openlik oor hul mooiste dag – volgens hulle ‘n droomtroue. “Dit was ongelooflik, ek het nie woorde om dit te beskryf nie. Ek was die hele dag kalm en ontspanne, maar toe ek daar afstap, het die trane net begin loop. Dit was ‘n oorweldigende, emosionele ervaring. En toe ek in sy oë kyk en ek sien dis bloedrooi, toe begin ek net meer huil,” sê Zetske.

Op hul droomdag!

* Kry die Maart-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 13 Februarie te kry) met bladsye vol foto’s van hul troue én wittebrood.



  • Marianne Crowe

    Pragtige paartjie en pragtige voorblad!

  • Karen Appel Neethling

    Stunning paartjie en ek moet se dat Altus werklik gelukkig lyk dis nie dai fake geluk nie want jy kan dit in sy oe sien! Baie raar!

  • Juanita E Smit

    ai om te dink die pragtigte Zetske se ouma was my graad 1 juffrou gewees, en sy was net so pragtige mens gewees sal haar sekerlik nooit vergeet nie,

  • Lorinda Theart

    Kan ‘n moederhart dit hou! Van A tot Z is julle net een bondel vreugde. Mag jul verruklike sprokiestroue in ‘n wonderlike huwelik ontwikkel. Julle kan dit doen!

  • Elzette Maarschalk

    Ai die twee is darem SO verlief! Almal het inderdaad gehuil, nie net Altus nie, toe Zetske alleen in haar pragtige rok oor die grasperk aangestap gekom het. Dit was prentjiemooi. Baie geluk ook aan SARIE met die interessante artikel! Poodles, geniet julle werk en mekaar! x x x MOB MaBeer Elzette Ma en natuurlik "Joe Clark" :-))

    PS Juanita, ek sal vir Kleintjie laat weet jy onthou nog jou Gr. 1 onderwyseres! En ja, sy was mooi met haar bee hive en groot oorbelle en mini skirtjies en al!!!

  • Petro

    Julle twee is pragtig en mag julle baie gelukkig wees.

  • AMANDA

    Oom Oubaas het seker glad nie `n gevleuelde woord gese oor Altus nie. Stunning paartjie. Ek weet hulle gaan mekaar baie mooi oppas en baie jare gelukkig wees.

  • noeleen kempen

    altwee so mooi en "down to earth" Die tweetjies lyk nie net gelukkig nie,n mens kan sien hulle is. baie geluk en n mooi toekoms saam.

  • hcnazt

    2WBlfF qfhyqudxolxf, [url=http://grnzvorsqufk.com/]grnzvorsqufk[/url], [link=http://apouogdnzhtt.com/]apouogdnzhtt[/link], http://grlgnrdhvnuk.com/

  • Yolandi vd Merwe

    Hulle is albei pragtige mense. Het hulle ontmoet en ‘n fototjie gesteel toe Altus by die KKNK 2012 opgetree het. Zetske is ‘n pragtige meisie en as jy verby haar stap, dan smile sy altyd. Hulle is gemaak vir mekaar.
    Julle is werklik ‘n oulike couple en ek geniet julle op die TV.