Agter die voorbladskerms saam met Jo da Silva
Jo da Silva en grimeerkunstenaar Michel Ingoglia
Jo se voorblad-oë: Jo wys emosie met haar oë, haar beste bate.
Die pixie-styl vra fyn, vroulike gelaatstrekke en 'n slanke nek. Hierdie is 'n eksklusiewe klub waaraan Twiggy in die 60's, Winona Ryder in die 90's en vandag Emma Watson behoort.
Jo da Silva agter die voorbladskerms - Junie 2011
Kry Jo se pixie-haarstyl só - gebruik goeie haarprodukte. 'n Ertjiegroot druppel haarwaks ivir baie kort hare en 'n haseneutgrootte vir langer hare soos Jo s'n
Jo da Silva agter die voorbladskerms - Junie 2011
Grys werk uitstekend by Jo. Dit laat die klem op haar donkerbruin oë en ligte vel val.
Michel Ingoglia doen Jo se grimering voor die kamera
Jo da Silva en grimeerkunstenaar Michel Ingoglia
Fotograaf Aubrey Jonsson en Jo da Silva
Jo da Silva, haar dogter Caitlin en SARIE se Fanie Cronjé agter die skerms
Fanie Cronjé doen Jo se stilering vir die voorblad
Jo, weer in grys. Dis 'n uitstekende modekleur vir die seisoen - onthou dit as jy weer gaan inkopies doen!
Jo da Silva en haar dogter, Caitlin in die ateljee
Michel Ingoglia het Jo se grimering gedoen.
Fanie Cronjé het grys as die basiskleur vir Jo se voorbladvoorkoms gekies. "Dis die ideale kleur vir Jo wat nie graag aandag trek nie, maar dit ook nie kan vermy nie."
Jo, Michel en Fanie aan't werk voor die kamera
Fotograaf Aubrey Jonsson kyk na foto's wat hy reeds van Jo geneem het, terwyl stilis Fanie en grimeerkunstenaar Michel, Jo se voorkoms opknap
Jo met die voorkoms soos sy op die voorblad van die Junie 2011-uitgawe van SARIE verskyn
Fanie en Jo agter die voorbladskerms in ligte oomblik
Jo voor die kamera in 'n lyfkous van Wolford en 'n romp van Spero Villioti
Jo in 'n tuxedo-baadjie en hemp van Studio 8, 'n langbroek (Jenni Button) en skoene (Nina Roche)
Jo in 'n bloes van Vintage, 'n langbroek van Jenni Button en skoene van Preview
Jo voor die kamera in 'n lyfkous van Wolford en 'n romp van Spero Villioti
Nog Galerye
Sy speel Gita met 'n passie - die 7de Laan-feeks wat ons so verkeerd opvryf. Maar Jo da Silva het deernis met haar karakter, al is dit die einste Gita wat haar ongemaklik in die kollig plaas. Kom loer agter die skerms by haar voorbladsessie in Johannesburg. Kry Jo se voorblad-oë, ons wys STAP-VIR-STAP hoe
Verwante artikels
-
Die sangeres Andriëtte Norman is die voorbladgesig vir SARIE se Mei 2011-uitgawe. Kom kuier agter die skerms by die voorbladfotosessie wat ons in Johannesburg gehad het.
-
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 4
-
SARIE Junie 2011
Jo da Silva se voorblad-oë op die Junie-uitgawe wys baie emosie, dis haar beste bate. Kry só haar voorbladvoorkoms-oë
Kommentaar
Elise het gesê:
Vir my is sy regtig beautiful en baie sexy - weet ook presies hoe om aan te trek - en praat nie eers van haar hare nie !! Ek is mal oor haar haarstyl. Ek hoop ons gaan nog baie van haar sien.
2de Aug. 2011, 13:43Catz het gesê:
esther jy is nie reg nie! ek ken haar, sy is my MA! Sy is Mooi and amazing and brilliant.you are wrong!!!!!!!
26ste Jul. 2011, 18:39Adele' het gesê:
WOWiii!!! dit is nou vir jou 'n Stunning mooi vrou! sy is vir my 'n baie groot insperasie! en 'n fantastiese aktriese! ek't die stuk van haar in Sarie gelees en dit was vir my baie inspererend! ek wens mense wil die sepies nie so erenstig opvat! dis net 'n rol wat sy baie goed kan speel! dit breek my hart om te hoor dat mense haar al gespoeg, geslaan en sleg gesê het in pebliek! dis net 'n tv program! dit gebeur nie regtig nie! Sy is nie regtig Gita sy is Joe da Silva ook 'n mens met gevoelings 'n moeder! en ek dink 'n wonderlike een! Yhee! ('',)
25ste Jun. 2011, 01:05Lize Botha het gesê:
Sy is 'n ongelooflike stunning vrou en 'n baie talentvolle aktrise, 'n persoon met integriteit. Lize
10de Jun. 2011, 11:37nouns het gesê:
ek dink sy is stunning!!
6de Jun. 2011, 14:16nini het gesê:
Sy is 'n heks in die sepie, maar 'n fantastiese mooi en sexy vrou.
2de Jun. 2011, 13:11joli van wyk het gesê:
hoekom "delete" julle die waarheid?? sy is nie 'n goeie aktriese nie en sy jaag moles aan in mense se lewens en met ander vrouens se mans
1ste Jun. 2011, 14:19hanna het gesê:
sy het baie grimering nodig om haar so te laat lyk
31ste Mei. 2011, 21:10rozanne van deventer het gesê:
ek stem glad nie, sy maak baie moeilikheid in mense se persoonlike lewens!!!!!
31ste Mei. 2011, 21:09Ronélle de Jager het gesê:
Sy is 'n ongelooflike stunning vrou!!!!
23ste Mei. 2011, 16:19