Die X-faktor van ons November-voorblad - Fanie verklap . . .

Deur Fanie Cronjé, SARIE - November 2009

Die X-faktor van ons November-voorblad - Fanie verklap . . . Foto’s: Rodger February Galery

Voormalige Mej. Heelal Michelle McLean lyk sprankelend in Tiaan Nagel se koraalpienk ontwerpersrok op ons November-voorblad. Kom loer saam agter die skerms

Vir Michelle McLean is haar tienjarige seun, Luke, Nommer 1 in haar lewe. Sy het ook weer ’n spesiale man aan haar sy ná haar verbreekte verlowing aan die Stellenbosse sakeman Riaan du Plessis. “Maar dis nog in ’n beginfase,” keer sy. Wie weet wat sou gebeur het as sy in 1992 vir die Amerikaanse biljoenêr Donald Trump ja gesê het nadat hy haar by ’n Elton John-konsert in New York uitgevra het! Sy erken sy is vandag nog half spyt daaroor, maar destyds het sy gereken hy is te oud.

Dié voormalige Mej. Heelal, TV-aanbieder en sakevrou, pryk op die voorblad van SARIE se November-uitgawe. En is dit nie 'n mooi voorblad nie! Fanie Cronjé, stylredakteur, wat Michelle vir dié voorblad stileer het, het dít te sê gehad: "Toe ek daai mooi blink pienk-en-geel November-uitgawe in my hande hou, het dit só lekker gelyk, ek wou sommer 'n hap vat!" Volgens hom het Michelle die X-faktor wat nodig is. "Michelle was immers op haar dag die mooiste vrou in die ganse heelal. Kyk maar net vir Luke, haar seun. Definitief sy ma se kind."

* Lees die volledige artikel in SARIE se November-uitgawe, wat van Maandag, 12 Oktober te koop is.

Fanie verklap verder

Tiaan Nagel (een van ons land se belowenste jong ontwerpers, onthou sy naam!) se koraalpienk rok vir die voorblad was 'n tricky keuse, want dis 'n moeilike kleur, maar dis sowaar weer ín. Op die onlangse SA-modeweek was daar juis hier en daar elemente daarvan. Mariska, ons skoonheidsredakteur, het my gerusgestel dat die koraal lipstiffie ook weer 'n comeback maak. En kyk net hoe opwindend lyk dit!

Klik vir nog Tiaan Nagel-ontwerpe

Só maak mens!

Klaar vir die dag!
  • Assistent Andrea Smith
  • Hare Merle Titus
  • Grimering Merle Titus

Verwante artikels

Galery

  • Grimeerkunstenaar Merle Titus en Michelle
  • Fotograaf Johan Wilke se ateljee
  • Fanie by Michelle se klere-seleksie
  • Johan se kameras
  • Grimeerkunstenaar Merle Titus en Michelle
  • Die ateljee word reggekry vir die groot fotosessie
  • Keuses en opsies
  • Stilis Fanie Cronjé by al Michelle se uitrustings
  • Johan Wilke se assistent
  • Die span maak gereed
  • 'n Voorsmakie . . .
  • Fanie bekyk al die uitrustings
  • Pragtige paar oorbelle vir die foto's
  • Andrea Smith, mode-assistent
  • Bykomstighede
  • Al die bykomstighede
  • Al die bykomstighede
  • Amper daar, nou nog net 'n paar dinge
  • Die ateljee wag . . .
  • Johan Wilke se ateljee
  • Nog nie reg vir aksie nie
  • Kyk al die moeite!
  • Sal die kleure pas? Hmm?
  • Merle en Michelle deel 'n grappie
  • En nou vir die hare!
  • Andrea is terug met haar aankope
  • Oe, ek hou hiervan!
  • Michelle blaas sommer haar eie hare
  • Johan Wilke
  • Lyk dit bekend?
  • 'n Elegante paar hakke vir die fotosessie
  • Die span
  • Johan en Fanie loer solank op die skerm
  • Johan en Fanie loer solank op die skerm
  • Merle sit weer 'n handjie by
  • Voor die kamera
  • Fanie wys vir Michelle 'n paar styl-opsies
  • Michelle kyk 'n paar styl-opsies
  • Nuwe oorbel
  • In rep en roer
  • Hierdie rok van Klûk CGDT is 'n wenner
  • Michelle in een van Tiaan Nagel se ontwerpe
  • Michelle en Fanie
  • Michelle en Fanie
  • Michelle en Fanie
  • Voor die kamera
  • Besig in die ateljee
  • Michelle in stewels
  • Michelle in 'n paar hoë hakke
  • Modelmooi - nie verniet Mej. Heelal nie...
  • Michelle in klassieke swart-en-wit
  • Merle stileer Michelle se hare
  • Fanie en Michelle
  • In aksie voor die kamera
  • Só maak mens!
  • Johan wys solank van die foto's vir Fanie
  • Só maak mens!
  • Só maak mens!
  • Johan kyk mooi . . .
  • Johan se assistent help om die lig te reflekteer
  • Klaar vir die dag!

Kommentaar

Web Development by FormFunction