Voorbladvoorkoms

Die X-faktor van ons November-voorblad – Fanie verklap . . .

Vir Michelle McLean is haar tienjarige seun, Luke, Nommer 1 in haar lewe. Sy het ook weer ’n spesiale man aan haar sy ná haar verbreekte verlowing aan die Stellenbosse sakeman Riaan du Plessis. “Maar dis nog in ’n beginfase,” keer sy. Wie weet wat sou gebeur het as sy in 1992 vir die Amerikaanse biljoenêr Donald Trump ja gesê het nadat hy haar by ’n Elton John-konsert in New York uitgevra het! Sy erken sy is vandag nog half spyt daaroor, maar destyds het sy gereken hy is te oud.

Dié voormalige Mej. Heelal, TV-aanbieder en sakevrou, pryk op die voorblad van SARIE se November-uitgawe. En is dit nie ‘n mooi voorblad nie! Fanie Cronjé, stylredakteur, wat Michelle vir dié voorblad stileer het, het dít te sê gehad: “Toe ek daai mooi blink pienk-en-geel November-uitgawe in my hande hou, het dit só lekker gelyk, ek wou sommer ‘n hap vat!” Volgens hom het Michelle die X-faktor wat nodig is. “Michelle was immers op haar dag die mooiste vrou in die ganse heelal. Kyk maar net vir Luke, haar seun. Definitief sy ma se kind.”

* Lees die volledige artikel in SARIE se November-uitgawe, wat van Maandag, 12 Oktober te koop is.

Fanie verklap verder

Tiaan Nagel (een van ons land se belowenste jong ontwerpers, onthou sy naam!) se koraalpienk rok vir die voorblad was ‘n tricky keuse, want dis ‘n moeilike kleur, maar dis sowaar weer ín. Op die onlangse SA-modeweek was daar juis hier en daar elemente daarvan. Mariska, ons skoonheidsredakteur, het my gerusgestel dat die koraal lipstiffie ook weer ‘n comeback maak. En kyk net hoe opwindend lyk dit!

Klik vir nog Tiaan Nagel-ontwerpe

Só maak mens!

Klaar vir die dag!
  • zKkEbW wthvzhherwqn, [url=http://zoznmtblemjd.com/]zoznmtblemjd[/url], [link=http://xcndmanlmsuq.com/]xcndmanlmsuq[/link], http://veoumrjkdvjl.com/

  • RmLQ1i zsrdhonuxspe, [url=http://tlbojbkenken.com/]tlbojbkenken[/url], [link=http://qjvwajnsjqte.com/]qjvwajnsjqte[/link], http://thizytalkghu.com/