Voorbladvoorkoms

Die vele gesigte van Anna-Mart: Kom kuier agter die skerms

Dís wat húlle van Anna-Mart sê:

“Haar skoonheid weerspieël haar persoonlikheid en intellek. Sy het siel, grasie, talent en kalmte. En bowenal ’n skerp, speelse humorsin en ’n akute persepsie van die lewe wat jy in haar oë kan sien.” –
Leana Clunies-Ross, fotograaf 
van Johannesburg

“Sy het byna ’n soort ‘meisie-langsaan’-skoonheid, maar dis tydloos en haar opregtheid skyn deur. Sy is maklik om mee saam te werk omdat sy alles gee en net haarself is.” – Johan Wilke, fotograaf van Kaapstad

“Sy was bloedjonk toe sy in my TV-drama Uitdraai gespeel het. Sy het toe al eienskappe soos eerlikheid, opregtheid, integriteit, nederigheid en ’n humorsin gehad. Ek dink die lesers voel dit aan, daarom sal sy altyd gewild wees!” – Annie Basson, medevervaardiger van 7de Laan

Maak 'n stelling met kontrasterende kleure en interessante bykomstighedeDie eerste foto vir SARIE se feestelike Kersfees-voorblad

Grimeerkunstenaar Alex Botha begin die oë aksentueer

Stilis Fanie Cronjé en Anna-Mart kyk na die klere vir die fotosessie

Mooi, mooier, mooiste

Fanie en fotograaf Leana bekyk die hoek waaruit 'n foto geneem is.

'n Waaier gee volume aan Anna-Mart se hare en haarstileerder, Karen van Wyngaard, hou 'n oog.

Alex doen weer 'n bietjie afronding vir die volgende foto.'n Lighartige Anna-Mart!

Dramaties en treffend! Uiteindelik die finale keuse.

Alex knap weer haar naakte lipkleur op.

Fanie verstel die top vir nóg 'n dramatiese fotoFantasie-vlinder!

Lekkerlag-oomblikkeSmeulend en speels

G'n wonder sy's een van SA se mees geliefde aktrises én voorbladgesigte nie!

  • Magda

    Sjoe, jy is pragtig Anna-Mart!

  • J.M. Wennekes

    Sy is baie mooi en plat op die aarde. Het haar al ontmoet.

  • Lisma

    Wat ‘n beeldskone vrou. Sy het vrede binne haarself gevind. Beslis tydloos en ‘n inspirasie.

  • Erika

    Ja en sy lyk honder maal beter as enige model. Waarom lyk modelle altyd na geraamtes wat enige oomblik kan om val?

  • Mari Grobler

    ‘n Mens hoef nie plankdun en vrek jonk te wees om MOOI te wees nie … Anna-Mart is ‘n inspirasie!

  • Diana Smit

    ‘n Tydlose skoonheid!

  • Marizka

    Nog altyd een van my gunstelinge

  • Durette

    Sy is pragtig skooheid van self, sal haar ook graag wil ontmoet, Inspirerende vrou.

  • Elizma

    Sy is so n stunning vrou!

  • Retha Janse van Rensburg

    Anna-Mart het daardie iets wat mens wer-en-weer laat kyk!!

  • sandra

    Stunning! Defnitief een van die jaar se mooiste voorblaaie!

  • Jo-anne

    Pragtige vrou en beeldskoon. Geluk straal uit haar.

  • Ronel

    Sy is so mooi, so rustig, seker die nuwe liefde in haar lewe

  • Julie Atwell

    Sy is ongelooflik! Pragtig, stylvol en waardig. Goeie rolmodel!

  • Marianne Crowe

    As Anna-Mart op die voorblad is lees ek nie eens watter artikels in tydskrif verskyn nie, ek moet doodeenvoudig die tydskrif koop! Sy is een van die mooiste vrouens vir my.