acr2343
Voorbladvoorkoms

Kry Nadine se voorbladvoorkoms

FOTO BO: So byna die voorblad: Ons hou van haar hare romanties vasgebind, maar los en natuurlik ágter was net mooier vir die voorblad.

Tóé was sy die kinderster met Krappies & Krefiesliedjies. Nou die volwasse, stylvolle Nádine wat goud in SA verkoop en gereeld in Europa saam met van die bestes optree. Nádine was perfek vir SARIE se In goud en blou-Kerskonsep: Met haar donkerder hare lyk sy soos ’n glans-rolprentster van ouds en kan sý net so wel smeulend uit die Trevi-fontein in Rome stap, à la die fliek La Dolce Vita. ’n Mistieke blou (wonderlik teen haar ligte vel) was ons voorbladkeuse en teen ’n glimmende agtergrond is daar skaars ’n meer romantiese voorkoms vir Oukersaand!

Perfekte Blou: Blou is nou se ín-kleur! Inkblou, kobaltblou, koningsblou, koringblomblou. Selfs eksotiese Parisian Sky-blou. As jy ’n skakering teen jou hou en jou vel en oë skitter en glim, dan is dit joune!

Oranje: Blou is destyds deur Britse vlootoffisiere gedra, vandaar die woord marineblou. In 2012 is ’n vol vlootblou een van dié modekleure en raai watter kleur is sy pasmaat? Oranje! Maak gereed vir wonderlike kleurkombinasies

Soos koraal: Die voorkoms is romanties, haar hare sag en vroulik. Daarby pas haar koraalkleurige lippe(Make Up Forever Diamond Collection in Coral).