Kry só Christi Panagio se voorbladvoorkoms
Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur en voorheen aanbieder van die oormaakprogram ID op MK, sê hoe jy Christi se voorbladgrimering en hare kan kry.
Ná ’n romantiese wegbreek is Christi sonbruin wat haar ysblou oë en blonde hare nog meer laat uitstaan. Ons het haar grimering by haar vakansievoorkoms aangepas. Verbronser is op haar voorkop, wange en slape gebruik en ’n tikkie nartjiekleurige blosser is op haar wangbene. Ligte skakerings vlootblou, lila en ysblou is van binne na buite oor haar ooglede gevee. Swart room-oogomlyner is voor maskara aan die binnekant van haar ooglede aangewend om haar wimpers voller te laat lyk. Haar lippe is getik met ‘n lipkleur een skakering ligter as haar velkleur en met lipglans afgerond. Meer perfek vir ‘n voorblad kry jy nie!
Blond, natuurlik!
Christi is natuurlik blond, maar selfs sy kleur haar hare – uit ‘n boks en so na as moontlik as haar eie skakering – om haar haarkleur te lig. Soms speel sy met sonstrepies vir dimensie. Dit laat sy professioneel doen.
Kry Christi se hare só
1 Blaas klam hare droog vir volume en tekstuur.
2 Wend waks met vingerpunte aan punte vir definisie.
3 Hou in plek met ’n bietjie haarsproei.
4 Werk laastens hare met vingers van bo na onder deur vir ekstra tekstuur.
FANIE SÊ
Rooi is perfek vir blondines. Maar kies ’n rooi met ’n blou ondertoon. ’n Geel ondertoon sal jou vel oranje laat lyk.
MOET-HÊ
Ek het vir die voorblad sexy sonrokke gekies – dié seisoen se top-treffer. Met sagte vroulike lyne en blompatrone kan jy nie verkeerd gaan nie. Kies iets wat by jou lyf en bene pas. As jou bene, soos Christi s’n, jou beste bate is, kies enige lengte van die knie tot ses vingers bo die knie. As jy nie van jou knieë hou nie, dra jou rok tot net onder jou knie. En as selfs dít nie vir jou werk nie, onthou die maxi-rok is dié somer ewe stylvol en gewild!

ONTHOU
Vervang jou sandale en sonbril met hoë ooptoon-hakskoene en groot, blink oorbelle en stapel jou hare bo-op jou kop – en jy’s reg vir jou partytjie.
Verwante artikels
-
Agter die skerms saam met Christi Panagio - byna 100 foto's
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Christi Panagio is op die September 2010-voorblad van SARIE. In die tydskrif vertel sy meer van haar groot, Griekse 2de wittebrood, en hier op sarie.com wys ons jou al die agter-die-skerms-aksie
-
Christi en Nico Panagio se Griekse vakansie - FOTO's
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Celeb-paartjie Nico en Christi Panagio was onlangs vir 'n wegbreekvakansie in Griekeland, en hulle wys hul foto's op sarie.com
-
Christi Panagio verklap 'n paar geheime en wys haar foto's
SARIE - Desember 2005 | Kommentaar: 6
In ons 'Stem vir jou gunsteling 7de Laan-voorblad' het baie van julle Christi Panagio uitgesonder. Ons het in die argiewe gaan soek en 'n paar interessanthede oor haar gaan versamel. Gedog julle sal belangstel...
-
Jou foto op SARIE se voorblad met magcover.com
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 5
Wou jy nog altyd op SARIE se voorblad pryk? Nou kan jy. En dis só maklik
-
Nico en Christi Panagio: 'Ons het movie love'
SARIE - Februarie 2008 | Kommentaar: 2
Vir ’n dag is sy sirkus toe. Tussen die vuurblasers, sweefartieste en towenaars was dit sý wat die aandag getrek het. Sy wat die kollig beset het

















Kommentaar