Nina Swart: SARIE se voorbladgesig van 2002 tot 2011

SARIE Oktober 2011

Nina Swart is op die voorblad van ons Oktober 2011-uitgawe. Hierdie keer vertel sy van al haar langpad-lekkertes as die regisseur van die gewilde TV-program Boer soek 'n vrou. Kom kuier agter die voorbladskerms van haar fotosessie én ons wys jou al haar voorblaaie van 2002 tot 2011 in 'n spesiale VIDEO.

Fanie Cronjé (styl- en sosiale-redakteur) oor Nina Swart:

"Ons glo die boere soek eintlik vir Nina! Destyds het sy ons hart gesteel as Wilmien in 7de Laan. Nou is sy agter die kamera as regisseur van Boer soek ’n vrou en ons kyk steeds: van haar donkerbruin hare, koffiebruin oë en kenmerkende (stout!) kuiltjies. Sy’s nog net so borrelend, lag nog net so hard en haar styl is onopgesmuk, vandaar die denimstyl-hemp. O ja, sy’s ook effens off-beat – ons eie Julia Roberts!"

Verwante artikels

Galery

  • SARIE - Oktober 2011
  • Nina Swart
  • Nina Swart

Kommentaar

  • Hallo Nina you go girl, jy is nie net mooi nie, jy het ook 'n wonderlike persoonlikheid. Ek voel bevoorreg om jou te kon ontmoet die jaar.

    15de Sep. 2011, 09:25
  • Jy is beautiful en so talentvol! Baie fotogenies!

    14de Sep. 2011, 13:31
  • Ek dink sy is stunning. Ek is mal oor haar hare!!! You go girl!!!

    12de Sep. 2011, 10:51
  • Die eerste voorblad is verskriklik mooi en sexy. Die huidige een wys natuurlik hoe sy volwasse en nog mooier geword het. Ek was nie baie mal oor die voorblad toe haar hare so vreeslik kort was nie. Die langer hare pas haar baie mooi en laat haar sag en vroulik lyk

    12de Sep. 2011, 10:42

Web Development by FormFunction