Kry só 'n pixie-haarstyl, soos Jo s'n

Deur Fanie Cronjé

Kry só 'n pixie-haarstyl, soos Jo s'n Foto’s: Aubrey Jonsson Galery

Die foto hierbo was so byna die voorblad. Jo lyk selfversekerd en gemaklik, maar die sagte warmte van haar donkerbruin oë het die deurslag gegee vir die voorbladfoto.

Die pixie-styl vra fyn, vroulike gelaatstrekke en ’n slanke nek. Hierdie is ’n eksklusiewe klub waaraan Twiggy in die 60’s, Linda Evangelista in die 80’s, Winona Ryder in die 90’s en vandag Emma Watson behoort. Dame Judi Dench en Halle Berry lyk ook op hul mooiste met hul kort-kort hare. Nes Jo voldoen hulle aan al die vereistes om dié styl te dra.

Winona Ryder Emma Watson Halle Berry
Winona Ryder Emma Watson Halle Berry

Só sny jy ’n pixie:

  • Sny jou hare met tekstuur en los langer stukkies om jou ore en in jou nek. Mans se hare word stomper gesny.
  • Pasop vir ore wat te “oop” gesny word, want dit kan jou ouer, harder en onnodig konserwatief laat lyk.

KRY SÓ JO SE HAARSTYL

Goeie produkte is van kardinale belang. Gebruik liefs minder as te veel – ’n ertjiegroot druppel haarwaks vir baie kort hare en ’n haselneutgrootte vir langer hare soos Jo s’n.

Galery

  • Jo da Silva
  • Winona Ryder
  • Emma Watson
  • Halle Berry

Kommentaar

  • Ek is mal oor hierdie styl en het selfs my hare so 10 jaar terug so gedra! Nou is my gesig voller alhoewel en ek dink minder, so maak nie saak hoeveel waks ek opsit nie, ek weet sommer dit gaan pannekoek plat val!

    31ste Mei. 2011, 16:21

Web Development by FormFunction