Voorbladvoorkoms

Voorbladstyl vir Quinne Brown

Ons het haar en haar 7de Laan-karakter, Connie, leer ken met daardie wonderlike wildewoeste bos hare. Nou verras sy ons met ’n kort haarstyl – speels, parmantig, maar onteenseglik nog Quinne. Haar styl bly klassiek – daarom haar keuse van ’n eenvoudige wit hemp toe ons haar vra om vir SARIE ’n voorblad te skiet in San Francisco waar sy woon. Hieroor stem elke modekenner saam: ’n goeie wit hemp is ’n moet-hê. Selfs meer as een!

Tem die krulle
Quinne klop haar krulle deur mousse of ’n curl enhancer (dit definieer krulle en hou hulle in plek) aan nat hare te wend. Laat dit sondroog of gebruik jou haardroërdiffusor om hare droog te blaas. Moenie te veel vroetel nie – krulle raak gou buite beheer! Gebruik ook ’n spesiale sjampoe vir krulle, want krulhare word maklik droog en bros.  

 

Sharon Stone Onthou jy …

…hoe aktrise Sharon Stone haar man se wit hemp by haar pers satynromp na die 1998- Oscars gedrahet? Ja, ’n wit hemp wérk vir die aand, én oor jou swembroek vir die strand.

So byna die voorblad

So byna die voorblad

Sag en misterieus is Quinne op dié foto. Maar dit was haar spontane, vriendelike glimlag wat gesorg het vir ons voorbladkeuse.

Dít vra ’n wit hemp…

  • ’n Goeie snit – sorg dat jou hemp pas. Dit moet jou lyf vorm.
  • Los knope! Steek jou hemp in (langbroek of romp) en maak net die boonste 3 knope los. Dis sensueel en vlei jou nek.
  • ’n Kortbroek Met jou wit hemp se moue opgerol is dit die toppunt van die informele maar sjiek voorkoms. Maar dan moet jy ’n kortbroek kan dra!

Wit as jy swanger is, soos Quinne? Kies ’n empire-styl. Só ’n hemp klok uit oor jou maag, maar sonder om dit weg te steek of ongemaklik te kleef.

Somer se Blos

SOMER SE BLOS

Quinne se gesonde gelaat is haar mooiste kenmerk. As bloswange nie jou sterkpunt is nie, kan jy dit met blosser skep. ’n Groot kwas is die geheim. Dít wend en skakeer blosser egalig aan en vermy daardie onaantreklike strepe. Rond af met ’n lagie deursigtige poeier.

ONTHOU! Gebruik die kwas in afwaartse hale. As jy opwaarts aanwend, lig jy fyn gesighaartjies