sr1209_voorblad_behind_the_seen_1_
Voorbladvoorkoms

Raai raai wie’s op ons volgende voorblad?

Die drie spelers van 
7de Laan kom baie goed oor die weg. Hulle is ontspanne en terg, spot en lag terwyl hul grimering en hare afgerond word vir die dag 
se fotosessie, vertel ons fotograaf, Phyllis Green.

Corné se hare word gedoen.Karen stileer selfs Werner se hareAmalia se maskara word aangewend

“Die voorblad werk omdat hierdie 3 besonder goed oor die weg kom, en dit wys!” – Fanie Cronjé

Die klere vir die fotosessie word met groot sorg uitgesoek. Fanie Cronjé 
bring dae in die winkels deur om seker te maak 
elke uitrusting werk op kamera en sal goed lyk in 
’n groepfoto.

Klere word met groot sorg uitgesoek

Alles vir ’n goeie foto! Haarstileerder Karen van Wyngaard sit met ’n waaier wind in hul hare, terwyl Michel Ingoglia vir oulaas ’n 
lip verf.

Michel Ingoglia sorg dat Corné se lippe perfek lyk

Werner en 
Corné neem 
’n blaaskans.

Werner en Corné neem 'n blaaskans

Serena geplooide rok (R799) van Slick (links) en grys Grace-rok (R600) van
MarethColleen. Albei te koop by SARIE se aanlyn-winkel op sarie.com

Die drietjies op die foto wat amper die voorblad gehaal het.

  • Delien Bothma

    Wat ‘n inspirasie vir ons almal! Hulle is 3 pragtige, spontane jong akteurs!

  • Petra

    Ek herken Bernard amper nie!

  • Madeleine

    As mens nie 7de laan kyk nie het jy nie regtig belang nie…

  • Sandra

    Daar is ‘n lewe na 7de laan! Regtig! Is dit die beste wat julle kan doen? Nie almal is 7de laan fans nie. Hoeveel meer keer moet ons na hulle op die voorblad kyk. Wat ‘n teleurstelling! ek is ‘n lojale Sarie intekenaar, maar moeg vir die sepiesterre op die voorblad!

  • janeen

    Stem saam. Wanneer is daar iemand soos Oscar op die voorblad. Hy verdien n voorblad !!!!

  • Janine Roussouw

    Ek’s mal oor die voorblad! Dis amper soos die advertensie van ‘n James Bond fliek:)

  • Ronelle Uys

    Wow, dis regtig mooi foto’s en vir ‘n 7de laan fan ‘n groot pasela! Dankie!

  • Sonneblom

    Mens kan nie almal tevrede hou nie, né! Daar is baie keer mense op die voorblad van ‘n tydskrif wat ek nie herken nie nie of ek herken die persoon, maar stel nie regtig in sy/haar se doen en late belang nie; dan koop ek maar net nie die tydskrif nie.

  • Mona

    7de laan kyker of te nie, hulle is pragtig en ‘n heerlike, verfrissende foto. Ek is mal oor hulle almal!

  • Christina

    Baie oulike foto, Goeie keuse vir die voorblad.

  • Marietjie Bruton

    Haai wee jy Sandra, jy kon maar net mooitjies omgedraai het en nie die uitgawe aangeskaf het nie, ipv om die res van die Laan fans so af te kraak met jou kommentaar op die vrolike webtuiste nie. Ek sou nie eers jou kommentaar gepubliseer het as ek vir Sarie gewerk het op hulle webtuiste nie. Dit was onnodig.
    Skaam jou.