Só is Donnalee se krulhare reguit gemaak

SARIE Januarie 2012

Donnalee se krulhare is haar handelsmerk. Maar juis dít het by 7de Laan amok gemaak, want dit het die haarstilis soggens 1 uur geneem om Donnalee in haar karakter, Annelie met die reguit hare, te verander. Hier is die oplossing!

’n Brazilian Blowout

Dis ’n salonbehandeling wat krulle versag en hare meer reguit en beheerbaar maak. Die behandeling hou tot 
3 maande, maar net as jy haarprodukte gebruik wat nie natrium bevat nie, anders gaan die effek verlore. “Ek gebruik al vir jare die La-Brasiliana-formule vir dié proses en kliënte bly verstom oor die resultate – hare is dadelik glad en sag. Dié produkte lys ook die presiese bestanddele op die etikette,” sê haarstilis Shalene Shaer van Tanaz in Johannesburg.
* Die behandeling word professioneel by ’n salon gedoen en die proses duur sowat 2 uur. Pryse wissel tussen 
R1 500 en R3 000, na gelang van jou hare se lengte.

Vir alle hare?
Die resultaat hang van die haarsoort af. Sekere 
krulle is koppig, maar die behandeling sal wel die 
tekstuur verbeter en erge kroeserigheid beheer.

Verwante artikels

  • Internasionale haarkapper deel lekker haar-geheime

    Internasionale haarkapper deel lekker haar-geheime

    SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 1

    Die bekende Britse haarkapper Lee Stafford was onlangs in SA om sy nuwe reeks haarprodukte bekend te stel. Hy deel van sy geheime.

  • Sjiek rooitapyt-hare

    Sjiek rooitapyt-hare

    SARIE Januarie 2012

    Die Golden Globes-toekenningsaand is verby, maar twee bekendes se haarstyle is steeds ’n inspirasie vir enige glansgeleentheid. Veral jou troudag of selfs matriekafskeid! Charlize Theron en Paula Patton se stiliste deel die geheime agter hul sjiek en sexy hare vir dié aand.  

Galery

  • Donnalee Roberts
  • Donnalee Roberts met haar natuurlike krulhare

Kommentaar

  • afwisseling is altyd lekker!

    13de Feb. 2012, 16:31
  • Die krulhare lyk sooo mooi, hoekom dit wil verander?

    5de Jan. 2012, 13:24

Web Development by FormFunction