sr1201_fanie_maak_mooi_6_
Voorbladvoorkoms

Só is Donnalee se krulhare reguit gemaak

’n Brazilian Blowout

Dis ’n salonbehandeling wat krulle versag en hare meer reguit en beheerbaar maak. Die behandeling hou tot 
3 maande, maar net as jy haarprodukte gebruik wat nie natrium bevat nie, anders gaan die effek verlore. “Ek gebruik al vir jare die La-Brasiliana-formule vir dié proses en kliënte bly verstom oor die resultate – hare is dadelik glad en sag. Dié produkte lys ook die presiese bestanddele op die etikette,” sê haarstilis Shalene Shaer van Tanaz in Johannesburg.
* Die behandeling word professioneel by ’n salon gedoen en die proses duur sowat 2 uur. Pryse wissel tussen 
R1 500 en R3 000, na gelang van jou hare se lengte.

Vir alle hare?
Die resultaat hang van die haarsoort af. Sekere 
krulle is koppig, maar die behandeling sal wel die 
tekstuur verbeter en erge kroeserigheid beheer.

  • Suzie

    Die krulhare lyk sooo mooi, hoekom dit wil verander?

  • esme

    sy lyk pragtig met die reguit hare

  • Sue

    afwisseling is altyd lekker!

  • Jeanine

    Ek hou baie meer van haar hare reguit met ‘n effense krul. Ek het dieselfde pirmkrul hare, net jammer die brazillian blowdry werk glad nie vir my nie, laat my hare so olierig voel.