Styl volgens Nadia Valvekens...
Watter parfuum dra sy en waar's haar gunsteling restaurant? Wat's haar gunsteling skoenstyl en hou sy van shop?
Fanie Cronjé gesels met Nadia oor haar persoonlike stylgids
Skoene Jy kan nooit genoeg swart skoene hê nie. Alle soorte!
Handsakke Ek het een met alles in wat ek dink ek gaan nodig kry. Dis soos 'n "magic carpet bag" wat my ma vir my van oorsee af gebring het. Maar ek sal dit ruil vir sekere aandgeleenthede.
Denim... is my favourite ding om te dra. Ek dra denim wanneer ek rygby kyk.
Rokke... is vroulik en sag. Ek hou daarvan om nou en dan 'n rok aan te gooi vir 'n lekker aandete of 'n spesiale geleentheid.
Juwele Ek hou van my ringe en het al 'n paar versamel oor die jare, van verskillende plekke in die wêreld. Ek dra ook graag oorbelle en het ook 'n lekker versameling.
Lipstiffie dra ek volgends wat ek aanhet, maar meestal is dit maar 'n sagte kleur lipglans.
Parfuum is ook een van my versamelings. Wie wil nou nie lekker ruik nie? My gunsteling is Glamorous en Rose one, in dié stadium. Sag en vroulike reuke.
Winkels Die eerste een wat ek sien!
Restaurante Ek hou van lekker kuier en eet saam met vriende en is altyd oop vir 'n nuwe venue, maar Full stop in Parkhurst is een van my gunstelinge.
Musiek is ek mal oor, maar is in dié opsig bietjie van 'n Alternatiewe meisie.
Selfoon Dit moet knoppies hê! Solank ek kan bel en oproepe ontvang, is ek gelukkig.
Verwante artikels
-
5 minute met Karl Thaning (dr. Nathan Richards van 'Binneland')
SARIE - Junie 2010
Hy's dr. Nathan Richards in die M-Net-sepie Binneland Sub Judice. Min mense weet Karl Thaning (33) was 'n internasionale swem-sensasie. Hy's ook die nuwe liefde van Nadia Valvekens, ons voorbladgesig.
-
Is jy ons wen-makeover?
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 56
Kyk deur ons inskrywings. Stem vir jou gunsteling en skryf in as jy nog nie het nie...
-
Karl Thaning (Binneland se dr. Nathan) oor sy liefde, Nadia Valvekens
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Ná 'n 10 jaar-verhouding het Nadia Valvekens, Pippa van Binnelanders Sub Judice, weer liefde gevind - in mede-akteur, Karl Thaning. Hy maak sy hart oop.
-
Kry só Nadia Valvekens se veelsydige haarstyl
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 3
Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, is verantwoordelik vir die stilering van SARIE se voor-en binneblaaie. Hy sê hoe jy Nadia se haarstyl kan kry.
-
Nadia Valvekens agter die skerms by SARIE se Junie 2010-voorblad
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 9
Al die aksie agter ons Junie-voorblad saam met Nadia Valvekens
-
Nadia Valvekens: Nuwe liefde ná 10 jaar
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 7
Binneland Sub Judice se Pippa, gesels vir die eerste keer oor die verbrokkeling van haar verhouding van 10 jaar – en haar nuwe liefde wat die TV-kollig met haar deel


















Kommentaar