Voorbladvoorkoms

Styl volgens Nadia Valvekens…

Fanie Cronjé gesels met Nadia oor haar persoonlike stylgids

Skoene Jy kan nooit genoeg swart skoene hê nie. Alle soorte!

Handsakke Ek het een met alles in wat ek dink ek gaan nodig kry. Dis soos ‘n “magic carpet bag” wat my ma vir my van oorsee af gebring het. Maar ek sal dit ruil vir sekere aandgeleenthede.

Denim… is my favourite ding om te dra. Ek dra denim wanneer ek rygby kyk.

Rokke… is vroulik en sag. Ek hou daarvan om nou en dan ‘n rok aan te gooi vir ‘n lekker aandete of ‘n spesiale geleentheid.

Juwele Ek hou van my ringe en het al ‘n paar versamel oor die jare, van verskillende plekke in die wêreld. Ek dra ook graag oorbelle en het ook ‘n lekker versameling.

Lipstiffie dra ek volgends wat ek aanhet, maar meestal is dit maar ‘n sagte kleur lipglans.

Parfuum is ook een van my versamelings. Wie wil nou nie lekker ruik nie? My gunsteling is Glamorous en Rose one, in dié stadium. Sag en vroulike reuke.

Winkels Die eerste een wat ek sien!

Restaurante Ek hou van lekker kuier en eet saam met vriende en is altyd oop vir ‘n nuwe venue, maar Full stop in Parkhurst is een van my gunstelinge.

Musiek is ek mal oor, maar is in dié opsig bietjie van ‘n Alternatiewe meisie.

Selfoon Dit moet knoppies hê! Solank ek kan bel en oproepe ontvang, is ek gelukkig.