Stylredakteur, Fanie Cronjé, trek die nuwe, maer Bertha aan

Deur Fanie Cronjé, SARIE - September 2009

Stylredakteur, Fanie Cronjé, trek die nuwe, maer Bertha aan Foto’s: Clinton Lubbe Galery

Sy’t al ’n volle 18 kg verloor. Dít was maar die begin. Fanie het Bertha gehelp om klere vir haar nuwe lyf te kies. Raad wat ook jý kan gebruik. Kom kyk wat agter die skerms gebeur het

Nog ’n paar maande later en ons suster Bertha inspireer stééds met haar dieet.

G’n wonder nie dat sy vandag juis model speel vir ’n klere-werksessie. Dit gaan oor hoe om aan te trek – let wel, nie ’n mode-shoot nie. Dis ook nie daai tipe shoot wat hand aan hand loop met die voorblad en die voorbladstorie nie, daai is mos altyd iets van ’n fantasie, ’n karakterstudie, selfs dramaties by tye.

Maar nie vandag nie. Kom ons kyk wat gebeur. Bertha is game, steeds vol selfvertroue en bereid om enigiets te probeer. Soos ek al genoem het met haar voorblad-shoot vir April: sy het nie net die gewig verloor nie, maar ook enige onsekerheid of selfbewustheid. Vreemd, nè, so asof dit gestoor word in die vet, en dan saam met dit weggaan!

Terwyl ek besig was om klere bymekaar te maak vir Bertha begin ek toe self twyfel. Sê nou sy het weer die gewig opgetel. Sê nou sy is twee nommers groter, wat nou as sy nie besef haar vakansie, waarvan sy pas terug is, was lank en lekker nie? Wat dan?

Ek vat toe sommer twee of drie van sommige kledingstukke, net ingeval. Ek self lê weg op holiday, min eet of slaaiblare is ver in my agterkop. Gewoonlik is vier of vyf ekstra kilogram oor dié tyd mos niks vreemds nie.

Maar nie vir Bertha nie. Sy is toe sowaar ’n nommer 34, en ja, ook in sommige gevalle ’n 32. En toe ons eers begin skiet, kan sy nie ophou nie. Wat van die en wat van daai vra sy terwyl sy tussen die klere rondspring. Op dié stadium lê alles op die bed in die suite van die gastehuis in Northcliff waar ons skiet.

Voor die kamera blom Bertha. Selfs ’n groep internasionale gaste van die Midde-Ooste probeer so subtiel as moontlik wees, maar kry dit nie reg om hul belangstelling te demp nie. Dié hang soos ’n klomp ape by die vensters uit en loer grootoog om die mure. Duidelik betower deur Bertha se skoonheid.


Verwante artikels

Galery

  • Sit die beste voetjie voor
  • Fanie speel model
  • Die aantrek begin
  • Dalk só iets?!
  • Dis pret om model te wees!
  • rog_5380.jpg

Kommentaar

  • Wat van 'n opvolgartikel nou amper 3j later - het Dr Cohen werklik vir haar gewerk?

    16de Jan. 2012, 09:45
  • Bertha jy lyk pragtig!!! BLY NET SO. Ek het 48kg verloor met DR Cohen se dieet 'n jaar en 'n half terug en het ook in 'n no 32 broek gepas, wat 'n lekkerte om van 'n kleregrootte no 24/ 26 na no 32 toe te kon gaan. Maar ek het na die "re feeding" wat baie belangrik is terug gegaan na my ou eetgewoontes en het sedertdien 20kg opgetel, kan nie glo mens kan so dom wees nie, dit is nie Dr Cohen se dieet/leefwyse wat verkeerd is/ was nie maar my eie domheid, geen dieet gaan werk as mens teruggaan na jou ou eetgewoontes toe nie, dit is hoekom dr Cohen 'n leefwyse is en nie 'n dieet nie. Vandat ek in my ou eetgewoontes terug verval het ek misluk gevoel, geen energie gehad nie, en sommer goor gevoel om nie eers van die ongemak om die middellyf te praat nie (en die klere wat te klein word nie) Ek is nou weer volstoom terug op sy leefwyse en glo my ek voel baie goed en beplan om van nou af streng op sy leefwyse te bly tot al die gewig af is en daarna dit te handhaaf met die hulp van die liewe Vader en Rene se bemoediging. DIE GEHEIM VAN DIE DIEET IS DIT MOET JOU LEEFWYSE WORD!!! GEEN KOEK, KOS, ENS KAN DIESELFDE GEVOEL VIR JOU GEE AS WANNEER JY IN 'N NO 32 PAS NIE. BLY GE FOKUS.

    18de Aug. 2009, 11:37
  • Ek het in April met Dr. Cohen se dieet begin en ek is nou so 3kg van my doelgewig. Ek kan dit vir enige een aanbeveel. Dit werk! Bertha jy lyk stunning!

    14de Aug. 2009, 17:22
  • Vertel meer van jou baba! Ek is ook 'n nuwe (onhandige) ma van 'n pragtige babadogtertjie & dis die beste ding wat ek nog gedoen het.

    14de Aug. 2009, 14:06
  • Hi, My vriendin het met Dr Cohen begin, sy het gese sy het Bertha se foto's daar gesien en hoe inspireerend dit was, ek wil ook graag begin maar wonder altyd. As dit by die min eet kom en ek ruik die lekker kos wil ek net eet. Asof die woord dieet net 'n chemise reaksie ontlont. Ek gaan beslis probeer.

    14de Aug. 2009, 12:55
  • Bertha jy lyk stunning. Ek het die 6/07/09 begin met Dr Cohen se dieet en het al 15.2kg verloor. Ek is baie gemotiveerd en my kollega ondersteun my baie. Ek moet nog 55kg verloor. So ek het nog 'n lang pad. Ek nooi al die vroue wat soveel het om te verloor uit om my te join. Dit is uit en uit die moeite werd. Ons kan ook op die voorblad verskyn.

    14de Aug. 2009, 12:17
  • Bertha lyk absoluut fantasties. Waar kan ek Dr Cohen se dieet kry?

    14de Aug. 2009, 07:33
  • Bertha, Mooi Man!!!! Ek stem vir haar as voorblad nooi!

    13de Aug. 2009, 21:41
  • Baie geluk Bertha! Jy lyk fantasties - die waarheid is dat jy nog altyd fantasties gelyk het, een van ons waarlik beeldskone dames! Dis nie maklik om mens se gewig konstant te hou as jy eers jou teikengewig bereik het nie, so sterkte!

    13de Aug. 2009, 16:16
  • Sjoe Bertha jy lyk fantasties goed! Jy is 'n pragtige mensie, jy kan trots wees op jouself. Groete

    13de Aug. 2009, 11:22
  • Dankie, Bertha, jy het baie mense geinspireer, ek is nou in my 10 week met Dr Cohen, het al 14 kg verloor, en ek voel goed. Ek het my mojo definitief terug. Nog net 2 weke en 3 kg om te gaan dan is ek klaar. Dankie!

    13de Aug. 2009, 09:16
  • Berta, jy het my beslis geinspireer. Ek was verlede jaar met Borskanker gediagnoseer en met die chemo-terapie behandeling het ek 16 kg op getel. Nadat ek die eerste keer gehoor het jy het met behulp van Dr Cohen se dieet 18 kg afgeskud, het ek dit met my Onkoloog bespreek en sy het gesê ek kan dit ma doen. Ek begin nou Vrydag 14 Augustus met my dieet. Ek hoop om oor 12 weke net so 'stunning' soos jy te lyk!! (net die hare gaan nog kort-kom!!!) xxx Annerie

    12de Aug. 2009, 09:22
  • Berta is vinnig besig om in Anna Mart se spore van tydlose skoonhied en ikoon status te stap. Sy kan gerus voorbladnooi wees, ek is seker julle gaan baie gou uitverkoop. Juis om haar gewig-stryd is sy een van ons en kan sy vinnig ikoon status verkry. Sy lyk beeldskoon op die foto's en met daai oë kan julle volgende keer op die blou van griekeland konsentreer. Mooi so Fanie, jy het dit reg gedoen met die blou aksente. Groete Janette uit Bloem

    12de Aug. 2009, 04:14
  • Ek het ook op Dr Cohen se dieet begin op 7 Aug. Jy lyk baie goed Berta!! Groete uit Namibia Judy

    11de Aug. 2009, 04:12