rog_5143
Voorbladvoorkoms

Stylredakteur, Fanie Cronjé, trek die nuwe, maer Bertha aan

Nog ’n paar maande later en ons suster Bertha inspireer stééds met haar dieet.

G’n wonder nie dat sy vandag juis model speel vir ’n klere-werksessie. Dit gaan oor hoe om aan te trek – let wel, nie ’n mode-shoot nie. Dis ook nie daai tipe shoot wat hand aan hand loop met die voorblad en die voorbladstorie nie, daai is mos altyd iets van ’n fantasie, ’n karakterstudie, selfs dramaties by tye.

Maar nie vandag nie. Kom ons kyk wat gebeur. Bertha is game, steeds vol selfvertroue en bereid om enigiets te probeer. Soos ek al genoem het met haar voorblad-shoot vir April: sy het nie net die gewig verloor nie, maar ook enige onsekerheid of selfbewustheid. Vreemd, nè, so asof dit gestoor word in die vet, en dan saam met dit weggaan!

Terwyl ek besig was om klere bymekaar te maak vir Bertha begin ek toe self twyfel. Sê nou sy het weer die gewig opgetel. Sê nou sy is twee nommers groter, wat nou as sy nie besef haar vakansie, waarvan sy pas terug is, was lank en lekker nie? Wat dan?

Ek vat toe sommer twee of drie van sommige kledingstukke, net ingeval. Ek self lê weg op holiday, min eet of slaaiblare is ver in my agterkop. Gewoonlik is vier of vyf ekstra kilogram oor dié tyd mos niks vreemds nie.

Maar nie vir Bertha nie. Sy is toe sowaar ’n nommer 34, en ja, ook in sommige gevalle ’n 32. En toe ons eers begin skiet, kan sy nie ophou nie. Wat van die en wat van daai vra sy terwyl sy tussen die klere rondspring. Op dié stadium lê alles op die bed in die suite van die gastehuis in Northcliff waar ons skiet.

Voor die kamera blom Bertha. Selfs ’n groep internasionale gaste van die Midde-Ooste probeer so subtiel as moontlik wees, maar kry dit nie reg om hul belangstelling te demp nie. Dié hang soos ’n klomp ape by die vensters uit en loer grootoog om die mure. Duidelik betower deur Bertha se skoonheid.


  • Judy

    Ek het ook op Dr Cohen se dieet begin op 7 Aug. Jy lyk baie goed Berta!!
    Groete uit Namibia Judy

  • Janette

    Berta is vinnig besig om in Anna Mart se spore van tydlose skoonhied en ikoon status te stap.
    Sy kan gerus voorbladnooi wees, ek is seker julle gaan baie gou uitverkoop.
    Juis om haar gewig-stryd is sy een van ons en kan sy vinnig ikoon status verkry. Sy lyk beeldskoon op die foto’s en met daai oë kan julle volgende keer op die blou van griekeland konsentreer.
    Mooi so Fanie, jy het dit reg gedoen met die blou aksente.
    Groete
    Janette uit Bloem

  • Annerie Steinhofel

    Berta, jy het my beslis geinspireer. Ek was verlede jaar met Borskanker gediagnoseer en met die chemo-terapie behandeling het ek 16 kg op getel. Nadat ek die eerste keer gehoor het jy het met behulp van Dr Cohen se dieet 18 kg afgeskud, het ek dit met my Onkoloog bespreek en sy het gesê ek kan dit ma doen. Ek begin nou Vrydag 14 Augustus met my dieet. Ek hoop om oor 12 weke net so ‘stunning’ soos jy te lyk!! (net die hare gaan nog kort-kom!!!) xxx Annerie

  • Magdalene Breda

    Dankie, Bertha, jy het baie mense geinspireer, ek is nou in my 10 week met Dr Cohen, het al 14 kg verloor, en ek voel goed. Ek het my mojo definitief terug. Nog net 2 weke en 3 kg om te gaan dan is ek klaar. Dankie!

  • Charmaine

    Sjoe Bertha jy lyk fantasties goed! Jy is ‘n pragtige mensie, jy kan trots wees op jouself.

    Groete

  • Christie du Toit

    Baie geluk Bertha! Jy lyk fantasties – die waarheid is dat jy nog altyd fantasties gelyk het, een van ons waarlik beeldskone dames!
    Dis nie maklik om mens se gewig konstant te hou as jy eers jou teikengewig bereik het nie, so sterkte!

  • http://www.villageartsupplies.com Suzette Laten

    Bertha, Mooi Man!!!! Ek stem vir haar as voorblad nooi!

  • Veronica

    Bertha lyk absoluut fantasties. Waar kan ek Dr Cohen se dieet kry?

  • Karen S

    Bertha jy lyk stunning. Ek het die 6/07/09 begin met Dr Cohen se dieet en het al 15.2kg verloor. Ek is baie gemotiveerd en my kollega ondersteun my baie. Ek moet nog 55kg verloor. So ek het nog ‘n lang pad. Ek nooi al die vroue wat soveel het om te verloor uit om my te join. Dit is uit en uit die moeite werd. Ons kan ook op die voorblad verskyn.

  • Adelle

    Hi,
    My vriendin het met Dr Cohen begin, sy het gese sy het Bertha se foto’s daar gesien en hoe inspireerend dit was, ek wil ook graag begin maar wonder altyd. As dit by die min eet kom en ek ruik die lekker kos wil ek net eet. Asof die woord dieet net ‘n chemise reaksie ontlont. Ek gaan beslis probeer.

  • Nuwe ma

    Vertel meer van jou baba! Ek is ook ‘n nuwe (onhandige) ma van ‘n pragtige babadogtertjie & dis die beste ding wat ek nog gedoen het.

  • Deirdre Steenekamp

    Ek het in April met Dr. Cohen se dieet begin en ek is nou so 3kg van my doelgewig. Ek kan dit vir enige een aanbeveel. Dit werk! Bertha jy lyk stunning!

  • suzie

    Bertha jy lyk pragtig!!! BLY NET SO. Ek het 48kg verloor met DR Cohen se dieet ‘n jaar en ‘n half terug en het ook in ‘n no 32 broek gepas, wat ‘n lekkerte om van ‘n kleregrootte no 24/ 26 na no 32 toe te kon gaan. Maar ek het na die "re feeding" wat baie belangrik is terug gegaan na my ou eetgewoontes en het sedertdien 20kg opgetel, kan nie glo mens kan so dom wees nie, dit is nie Dr Cohen se dieet/leefwyse wat verkeerd is/ was nie maar my eie domheid, geen dieet gaan werk as mens teruggaan na jou ou eetgewoontes toe nie, dit is hoekom dr Cohen ‘n leefwyse is en nie ‘n dieet nie. Vandat ek in my ou eetgewoontes terug verval het ek misluk gevoel, geen energie gehad nie, en sommer goor gevoel om nie eers van die ongemak om die middellyf te praat nie (en die klere wat te klein word nie) Ek is nou weer volstoom terug op sy leefwyse en glo my ek voel baie goed en beplan om van nou af streng op sy leefwyse te bly tot al die gewig af is en daarna dit te handhaaf met die hulp van die liewe Vader en Rene se bemoediging. DIE GEHEIM VAN DIE DIEET IS DIT MOET JOU LEEFWYSE WORD!!! GEEN KOEK, KOS, ENS KAN DIESELFDE GEVOEL VIR JOU GEE AS WANNEER JY IN ‘N NO 32 PAS NIE. BLY GE FOKUS.

  • Kain

    Wat van ‘n opvolgartikel nou amper 3j later – het Dr Cohen werklik vir haar gewerk?

  • Farid

    Hmmm, jammer! Ik had al viosienen zoals in The Matrix’, waarin een grote brok kennis ge-upload kan worden naar het brein Pilletje d’rbij en klaar is kees.Zou best in een straaljager of helikopter willen kunnen vliegen, maar heb er niet de tijd en het geld voor om die kennis via training te verwerven. Moet ik het toch maar doen met de Flight Simulator op de PC. Al begint het ook daarin wel overtuigend te worden met allerlei 3D-technieken die doordringen (denk aan de film Avatar).Maar uit je artikel blijkt dat dit slechts het begin van een ontwikkeling is, dus er zijn nog dingen te ontdekken.@Richard: ik denk dat de nieuwe Uri Gellers’ ook van dit soort technieken gebruiken om hun mentalistische trucs uit te halen. Ik weet nog een voorbeeld uit mijn studietijd: we moesten planten determineren en daarbij zowel de Nederlandse als de Latijnse naam opschrijven. Ik heb toen 3 x de volledige lijst overgeschreven, relatief kort vf3f3r het tentamen. Eerst de Nederlandse naam en daarna de Latijnse. Het herkennen van de plant was te doen en elke keer als ik begon te schrijven (de Nederlandse naam) dan, terwijl ik aan het schrijven was, kwam de Latijnse ook in mijn herinnering op (terwijl ik die van tevoren e9cht niet wist!). Toen schreef ik het toe aan het gegeven dat het motorisch geheugen sterker is dan het abstractere’ geheugen van alleen lezen. Ik weet niet of dit geheel past in het taggen’ en permanent maken van herinneringen, maar ik zie wel parallellen. Overigens ben ik nu die volledige lijst kwijt hoor, dus helemaal permanent was het niet (en dat was ook niet nodig: het tentamen heb ik succesvol afgerond en dat was toen het belangrijkste).Just another 2 cents