Corlea-voorblad: Fanie verklap geheime wat figuur vlei

Deur Fanie Cronjé, SARIE - April 2011

Corlea-voorblad: Fanie verklap geheime wat figuur vlei Foto’s: Aubrey Jonsson Galery

Corlea Botha se mooi gesig, naas haar fantastiese stem, is ongetwyfeld haar beste bate. Haar pragtige porseleinwit vel, groen oë en pikswart hare maak haar ’n moderne Sneeuwitjie. Dít is haar bates wat sy altyd moet koester.

DIE MAGIC VAN HAAR VOORBLAD-ROK

DIE KLEUR

Die noupassende rok in saffierblou van Tadashi Shoji by Tik-Lee is die perfekte keuse vir Corlea! Net soos verslankende swart, skep vlootblou dieselfde illusie as swart, maar net met meer dimensie. Dié spesifieke kleur komplimenteer haar gelaat en donker haarkleur perfek.

DIE SNIT EN STYL

Die snit en styl van haar rok gee 'n appel-lyf mooi vorm, spesifiek die A-lyn-hals wat net onder die borste netjies in 'n interessante knoop bymekaarkom. Dít sowel as die kant-insetsels lei die oog na haar middellyf en help om 'n dunner middellyf te skep. Daarom is oorvourokke altyd 'n goeie keuse as jy 'n dunner middel soek.

Die lycra-voering van die rok is ook noupassend en soos dié van 'n swembroek. Die vou-detail van die rok se bo-deel skep die indruk van 'n lospassende snit. Die skouerkussings help ook om die uurglas-fatsoen te skep.

Die pragtige Corlea Botha

Appel-lywe pasop!

Die grootste fout wat iemand met ’n appelvormige lyf kan maak, is om oorgroot klere te dra.

DIE HARE

Corlea het natuurlike reguit hare en dit werk die beste vir haar. Die kuif maak haar gesig sagter en verdoesel die rondheid van haar gesigvorm.

Ek hou veral daarvan dat daar ’n bietjie hare oor haar gesig hang, naby haar oog. Ek dink dit gee net dimensie.

Só blaas jy jou hare mooi reguit: Draai jou hare in met groot krullers. Dit gee volume en lig die wortels. Blaas droog, haal die krullers uit en blaas dan jou hare reguit met ’n groot ronde borsel. Jou hare sal self uitsak.

DIE OË

Weer eens is ’n natuurlike grimeervoorkoms die beste. Ek wou tog ’n bietjie drama op Corlea se oë hê om dit te beklemtoon en het besluit op ’n subtiele rokerige oog.

So het ons gemaak:

  1. Wend brons oogskadu egalig aan tot net bo die vou van jou oog.
  2. Wend ’n gryspers oogskadu bo-oor aan en skakeer goed, veral uitwaarts.
  3. Omlyn oë bo (in die wimpers) met ’n swart oogpotlood en skakeer die streep (gebruik sommer ’n wattestokkie) om ’n smeulende voorkoms te kry.
  4. Rond af met ’n paar lae swart maskara.

Onthou, blosser gee altyd ’n wonderlike gesonde voorkoms!

Dieselfde uitdagings as Corlea? Hier is nóg wenke sodat jy ook slim kan aantrek!

Broek

Jou beste broek het nie plooitjies voor nie, die pype moet uitklok en die sitvlak moenie te styf pas nie. Al is dit ’n broek met ’n meer gedefinieerde snit, mag dit nooit te styf aan jou maag of heupe kleef nie.

Hemp

Maak seker jou hemp gee jou lyf vorm deur die regte snit aan te trek. Kies veral iets met ’n empire-lyn onder jou borste. Jy moet nooit ’n klewerige hemp aantrek nie, want elke rolletjie en bultjie gaan beslis wys.

Baadjie

Kies ’n snyersbaadjie met ’n V-nek.

Skoene

Wighakke is perfek vir jou, want dit gee jou hoogte en laat jou enkels dunner lyk.

My ‘moenies’ - jy mag dit nooit dra nie

Stywe T-hemde

Oorgroot vierkantig gesnyde T-hemde

Die tradisionele denim-vliegbaadjie (bomber jacket)

Opgepofte windjekkers (windbreakers)

Slonsige sweetpakke

 

Verwante artikels

Galery

  • SARIE-APRIL 2011
  • Die pragtige Corlea Botha

Kommentaar

  • There is no doubt that in the wedding the bride is the first heroine,is the happiest and the most beautiful woman . Want to be the focus of the wedding day in your white wedding dress ? You need to prepare for your perfect elegant wedding dress

    7de Jun. 2011, 10:30
  • Ek was mal oor die voorblad. Howel, die kleur van die agtergrond my pla. Dit is (volgens my) te donker en dus smelt Corlea 'n bietjie in die agtergrond in.

    3de Mei. 2011, 13:52
  • Corlea Jy is pragtig!!! Wie jy is as mens en die feit dat jy staan as 'n vrou wys! Jou andersheid het jou juis laat uitstaan. Wees die volbloed vrou met die engelstem. Jy het baie van ons vroue wat nie die perfekte rokgrootenommer is nie, moed gegee om onsself te wees en ons drome na te jaag ongeag. Dankie vir jou inspirasie!!!!! Jy is instaat daar toe om al jou drome te bereik.

    23ste Mar. 2011, 12:52
  • Mooi so! Geluk Corlea, jy het duidelik die outjie met sy tantrums agtergelaat. Jy lyk soos die wenner wat jy is !!!

    23ste Mar. 2011, 08:34
  • Wow...Corlea lyk stunning...alles van die beste vir die toekoms...

    22ste Mar. 2011, 07:43
  • Ek is so Bly Sarie het jou die Voorbladnooi gemaak. Beste ooit. Jys beeldskoon, met die stem van n nagtegal! Jy het agter die klere geskuil wat jy altyd gedra het. Dis nie nodig nie. Wees jouself! Estellie Retief

    19de Mar. 2011, 10:24
  • Corlea jy is pragtig. Ek kan onthou toe die hele storie ontplof het, het ek vir jou gese dat 'n change is as good as a holiday. Veels geluk. Jy hou jou kop hoog. Laat ons maar net weet wanneer jou eerste solo cd op die rakke is. Jy laat al die mense wat negatief teenoor jou was nou lekker skaam kry. jy het aan hulle bewys dat jy dit kan doen. Baie trots op jou. Daar is iets wat uit jou straal, en dit is geluk.

    18de Mar. 2011, 12:57
  • Ek stem 100% saam met Karin. Soos altyd - 'n PUIK Sarie voorblad. Corlia is STUNNING!!

    17de Mar. 2011, 13:48
  • die nuwe jy is fantasties corlea,lyk straal van geluk.... hou so aan...ons familie is trots op jou...dankie sarie vir jul bydrae...sy sprankel behoorlik

    17de Mar. 2011, 09:53
  • Jy's 'n pragtige vrou - ja 'n ware sneeuwitjie!

    16de Mar. 2011, 11:24
  • Hi Soos gewoonlik 'n baie mooi voorblad van Sarie. Ek is beindruk met die wyse waarop Corlea al die negatiewe publisiteit van die afgelope tyd hanteer. Sy gedra haar soos 'n dame - well done. Ek het ook die artikel in Sarie gelees - my komplimente, daar word nie goed weggesteek nie, maar net die waarheid met baie empatie. Ek is seker daarvan dat daar baie mense is vir wie haar verhaal iets gaan beteken.

    16de Mar. 2011, 07:09
  • Corlea lyk absoluut stunning..... vet of maer, die vrou kan sing en sy is pragtig.

    15de Mar. 2011, 12:58
  • STUNNING STUNNING STUNNING STUNNING!!!!!!!!- dankie vir al die tips ek het dieselfde afppel figuur probleem, dankie dat daar hoop is!

    14de Mar. 2011, 18:05
  • STUNNING STUNNING STUNNING STUNNING!!!!!!!!- dankie vir al die tips ek het dieselfde afppel figuur probleem, dankie dat daar hoop is!

    14de Mar. 2011, 18:04
  • BEELDSKOON!!! JY HET NIE NET 'n ENGEL-STEM NIE. JY IS OOK NET SO MOOI SOOS EEN!!!

    14de Mar. 2011, 14:14
  • jy lyk pragtig so of jy ontluik het soos n roos.

    12de Mar. 2011, 14:31
  • Dié voorblad van pragtige Corlea, is 'n wenner! Die saffierblou rok en agtergrond gaan definitief die aandag trek in enige winkel.

    11de Mar. 2011, 19:45
  • Corlea jy lyk absoluut stunning stunning stunning!!! Jy is 'n pragtige vrou! Fanie, jy kan verseker toor en Phyllis - asemrowende fotos soos altyd! Puik gedaan SARIE!

    11de Mar. 2011, 17:19
  • Wow, dit lyk awesome... well done!!!

    11de Mar. 2011, 16:17

Web Development by FormFunction