FOTO SARIE

FOTO SARIE

Voorbladvoorkoms

Wat sê voorblad-ster Rolanda Marais?

Wat is die beste grimeerwenke wat jy op ‘n voorbladsessie geleer het?

Hoe belangrik beligting is. Op ‘n fotosessie sal grimeerkunstenaars byvoorbeeld my grimering in die tuin onder natuurlike lig doen as ons buite skiet en onder skerp binnebeligting as ons in ‘n ateljee skiet.
Op voorbladsessies het ek ook geleer dat aandgrimering maar heelwat donkerder kan wees om die regte effek te kry. Op my laaste voorbladsessie saam met SARIE het ek gedink my grimering was te donker, maar onder die helder ateljee-ligte het die eindproduk wonderlik gelyk.

Kan enige vrou voorblad-mooi wees?

Ja, vir my gaan dit oor die lewenslus en vonkel (spark) in iemand se oë – lesers sien dit raak en dit is dáárdie tydskrifte wat hulle wil optel en lees.

Wat dink jy maak dat ‘n voorbladgesig verkoop?

Dis vir my interessant, want ek hoef nie noodwendig van die persoon, of die karakter wat hy of sy vertolk, te hou nie.Wat my nuuskierigheid prikkel, is as ek ‘n ander kant van iemand op ‘n voorblad raaksien – miskien is hulle meer glansryk as gewoonlik of dalk meer natuurlik.

Is dit vir jou lekker om op ‘n voorblad te wees?

Dis vir my wonderlik om te sien wat grimeerkunstenaars en fotograwe kan vermag. Vir baie mense beteken dit hulle het dit gemaak as hulle op ‘n voorblad kan wees. Dit dra nie vir my daardie betekenis nie, want sommige akteurs “werk” nie vir ‘n voorblad nie, al is hulle hoe goed. Dit is wel ‘n groot kompliment, want dit beteken mense is geïnteresseerd in jou of gefassineerd met die karakters wat jy vertolk.

  • ANNA LEMMER

    Dit is mos wat SARIE anders maak!!!