Watter Lianie May-voorblad verkies jy?
Superster, plaasmeisie – dís Lianie May!
Vandaar fluweel vir die voorblad, want dis glans sonder pretensie. En daarby baie armbande om dit meer informeel te hou.
Om fluweel goed te dra moet jy genoeg vel wys. Wys jy te min kan jy onnodig outyds of selfs soos ‘n dogtertjie lyk en verloor fluweel eensklaps sy sexyheid.
Onthou dié reël: As jy jou halslyn ontbloot, hou jou soomlyn langer om nie te veel been te wys nie; as jy weer baie been wys, maak seker jy maak jou hals toe. Dis die een of die ander.
Die amperse voorbladfoto!
Mooi in blou . . .Maar die voorblad wat ons uiteindelik op besluit het (hooffoto regs), het warmte (van haar oë wat praat tot die algehele gevoel) en is daarom in ’n heel ander klas.

Maar wat dink jy? Hoeveel sterre gee jy elke foto?
Verwante artikels
-
Nadia Valvekens: Watter voorbladfoto verkies jy?
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 32
As jy die foto vir die Junie 2010-voorblad kon kies, watter een sou dit wees? Kies hier.
-
Watter Angelique-voorblad kies jy?
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 28
'n Voorblad en 'n amperse voorblad...


















Kommentaar
Anita Reyneke het gesê:
Ek hou van no.1, maar sy lyk nog die beste in no.2 in die ligblou, dit bring haar gesig baie mooi uit!
2de Aug. 2010, 09:48Christina Els het gesê:
Altwee baie baie mooi.
30ste Jul. 2010, 12:24Adriana Heiberg het gesê:
Vir my, kan jy amper nie die 2 fotos met mekaar vergelyk nie. Die foto met fluweel is net eenvoudig in 'n ander klas!!
30ste Jul. 2010, 12:15Marieta Lombard het gesê:
Sy lyk sommer baie sjiek!
30ste Jul. 2010, 10:49