Bekendes

Wyle Diana se naaste vriend gesels oor haar styl

“Alles wat Diana destyds gedra het, het sy met ‘n spesifieke rede gedra. Sy was nogal erg metodies in die manier waarop sy aangetrek het,” het Jacques aan Vantage Magazine gesê. “Sy het altyd die kleur, die styl en die geleentheid in ag geneem.”

Die fliek Diana, waarin die aktrise Naomi Watts die hoofrol speel, dokumenteer die laaste twee jaar van die prinses se lewe. Jacques is gevra om ‘n paar replikas van Diana se mees ikoniese aandrokke vir te maak vir die prent. “My aanvanklike reaksie was ‘Sjoe, dis baie opwindend’, omdat ek regtig baie van Naomi Watts hou en dink sy is ‘n uitstekende aktrise,” het hy gesê.

Jacques kon nie anders nie as om te praat oor die knap blou nommertjie wat Diana in 1997 na ‘n ballet toe gedra het, en waaroor die media omtrént gegons het. “Sy wou die rok eintlik nóg korter hê,” het hy gelag. “Ons het dit so kort moontlik gemaak. Sy het darem besef dat sy steeds ‘n prinses is en dat daar sekere vereistes was vir die lengte van rokke en die hoeveelheid lyf wat gewys mag word.”

Hy het heelwat swart gebruik in die fliek se uitrustings, want dis ‘n kleur wat sy graag gedra het omdat sy eens op ‘n tyd verbied was om dit te dra: die Britse koninklikes dra net swart wanneer hulle rou. Natuurlik was die heel eerste item wat sy gedra het die oomblik toe sy uit die monargie tree `n swart nommertjie…

Jacques en Diana is destyds deur die redakteur van die Britse Vogue, Anna Harvey, by die London Designer Collection aan mekaar voorgestel. Kort daarna is hy as haar kleremaker aangestel om haar in ‘n meer glansryke en gesofistikeerde voorkoms te stuur – “wég van al die frilletjies en valletjies”.

Bron: Hello Magazine