FOTO: Instagram / @wedding.proposals

Bruid

2017 se top 3-verloofringe

Daar’s drie verloofringe wat vanjaar bo die ander uitstaan. Volgens Blue Nile, ’n verskaffer van diamante en juwele aanlyn, is dié ringe vanjaar se gewildste. 

1. Eenvoudig en klassiek

Hierdie ring is elegant en tydloos romanties – dit kon aan jou ouma behoort het. Dit bestaan uit ’n solitêrsteen met geen ander diamante wat dit omring nie.

2. Kante met details

Die diamante omring nie die sentrale steen nie, maar word subtiel aan die kante daarvan geplaas.

3. Klassiek met ’n kinkel

Dit lyk baie soos die klassieke ontwerp, maar die band rondom die sentrale diamant is subtiel gedraai.

Bron: Glamour

Verlede jaar se gewildste verloofring op Pinterest kan beslis nie as eenvoudig beskryf word nie. Dié ring van Raymond Lee Jewelers in Florida, Amerika, is al meer as 63 000 keer na Pinterest-inspirasieborde gestuur.

verloofring

Die ring se spesifikasies? 18-karaat-witgoud in ’n fyn kantpatroon met ’n hoofdiamant en kleiner diamante wat om dit geset is: altesaam 0,45 karaat.

En wat dit jou sal kos? $4 300 (om en by R60 000).

Vanjaar se gewildste ring (tot dusver) is ’n spoggerige diamantring. Dié ring van 1,22 karaat is al meer as 103 000 keer gedeel:

FOTO: Pinterest / Sylvia Billone

Watter ring is jou gunsteling?

Lees nou

Rolanda Marais spog met pragtige Charlotte

Dís hoe jy moet stort om wakker te word!

Emma Stone en Andrew Garfield herenig