FOTO: Instagram  @magnifiquesoiree

FOTO: Instagram @magnifiquesoiree

Bruid

3 bekende paartjies het dié naweek getrou – FOTO’S en besonderhede

 

3 bekende paartjies het die afgelope naweek getrou – hier is die besonderhede van hul groot dae ….

Het jy ook onlangs getrou? Stuur vir ons 5 van jou mooiste foto’s na sariebruid@sarie.com vir oorweging op ons splinternuwe SARIE BRUID webtuiste.

Ashlee Simpson en Evan Ross

Dié sangeres en suster van Jessica Simpson is die naweek getroud met Evan, die akteur en seun van sangeres Diana Ross.

Die paartjie het by Diana (70) se landgoed in Connecticut getrou. Dit is Evan se eerste troue en die tweede vir Ashlee.

Ashlee en Evan by hul verlowingspartytjie FOTO: Twitter  @ashleesimpson

Ashlee en Evan by hul verlowingspartytjie
FOTO: Twitter @ashleesimpson

Ashlee is in 2011 van die Fall Out Boy-sanger Pete Wentz geskei ná ’n huwelik van twee jaar. Hul enigste kind uit dié huwelik, Bronx (5), het saam met sy ma na die kansel toe gestap.

Jenny McCarthy en Donnie Wahlberg

Dié twee akteurs het ook die naweek afgehaak. Jenny is ’n komediant en aktrise, en Donnie was deel van die sanggroep New Kids on the Block en is deesdae self akteur, nes sy jonger broer Mark Wahlberg.

FOTO: Instagram @jennyannmccarthy

FOTO: Instagram @jennyannmccarthy

Só lyk Jenny se verloofring:

FOTO: Instagram @jennyannmccarthy

FOTO: Instagram @jennyannmccarthy

Gabrielle Union en Dwyane Wade

Die 41-jarige aktrise Gabrielle en die Amerikaanse voetbalspeler Dwyane het Saterdag in Miami getrou. Die sanger John Legend, wat later vanjaar in Suid-Afrika kom toer, het ook vir dié paartjie op hul troue gesing.

Gabrielle het ’n Dennis Basso-skepping gedra en ’n klassieke trou-haarstyl vir haar groot dag gekies. Kyk HIER na opsies vir interessante trouhaarstyle.

FOTO: Instagram  @magnifiquesoiree

FOTO: Instagram @magnifiquesoiree

FOTO: Instagram  @magnifiquesoiree

FOTO: Instagram @magnifiquesoiree

Só lyk Gabrielle se 8.5-karaat-verloofring.

FOTO: Instagram  @dwyanewade

FOTO: Instagram @dwyanewade

Bronne: Hollywood Life, Reuters, Hello!

Lees ook