Leandra-styl rok van Pronovias

Leandra-styl rok van Pronovias

Bruid

5 Trourok-trends vir 2014 én 2015

Oudergewoonte het die Spaanse modehuis Pronovias die Barcelona Modeweek vir Bruide afgesluit. En soos met die vorige jare, was die rokke weer pragtig.

Pronovias is een van die grootste trourok-ontwerpers in die wêreld en met hul skitterende versameling trourokke tydens dié modeweek het hulle net weer bewys waarom hulle internasionaal so gesog is.

Die naam van hul versameling was 50 jaar van drome aantrek, omdat dié modehuis reeds ’n halwe eeu lank bestaan.

Pronovias se rokke is altyd romanties en vroulik, maar met ’n stylvolle moderne twist. Vanjaar se versameling het baie krale-detail ingesluit, asook kant met ’n blommotief en groot balrompe.

Kyk hier na die video met die hoogtepunte van dié versameling (die modelle begin eers ná ‘n minuut loop)

Die 5 trends uit Pronovias se versameling

Ons het die 5 grootste trends uit Pronovias se versameling gekies en soortgelyke rokke op Etsy gesoek.

1) Die meermin-snit

Die meermin-snit is beslis nog in die mode, maar die uitklok is meer subtiel en nie so dramaties soos voorheen nie.

Hoewel die noupassende snitte onlangs meer in die mode was, kom die groot balrok weer terug. Dink groot prinses-rokke!

2) Moue

Skouerlose trourokke is tydloos, maar om jou meer te bedek is groot nuus. Langer moue maar korter rokke maak ook ’n verskyning.

3) Kant op jou vel

Kant wat lyk asof dit los op jou vel sit, met geen of deursigtige materiaal onder, is hoogmode.

4) Sakke

Sakke by rokke lyk baie sjiek – en dié trend is nou ook by trourokke te sien.

5) Interessante rug

Vir ’n groot gedeelte van die seremonie sien die trougaste net jou rug, daarom kan jy dít interessant maak. Dit is hier waar jy werklik met die styl van jou troudag kan speel. Vir ’n formele troue, kies ’n rug met diamanté-detail, vir ’n troue met ’n speelse atmosfeer kan jy hartjie-uitknipdetail op jou rug hê.

Kyk HIER na Pronovias se Suid-Afrikaanse webtuiste

Screen Shot 2014-05-13 at 1.39.52 PM

Nóg in ons BRUID-afdeling

  • Janine

    Vandag se trourokke is ongelooflik interesant en uniek. Ek trou vanjaar en so moes ek die trourok soektog begin. Ek wou oorspronklik ‘n rok laat maak. Die heletyd het ek ‘n idee gehad van wat ek wil he. Die gedagte om n rok te laat maak, is klaar skrikkerig want jy kan nie fisies sien hoe dit gaan aan jou gaan lyk nie. Dit het by my gespook. Op n dag besluit ek, ek gaan eers n rok aanpas wat soortelyk is aan die snit wat ek in gedagte het. Tot my verbasing het dit gladnie my liggaamsbou gekomplimenteer nie. Bruide neem my wenk asb in gedagte. Dit spaar jou baie geld, trane en gee jou sekerheid…