In jou nuutste SARIE BRUID Somer 2010/11
Die nuwe SARIE BRUID Somer 2010/11 is 15 September op die rakke, met meer inspirasie as ooit!
Ons wys vir jou 21 van die mooiste regte troues met pragfoto's en hope idees. Van 'n witbruilof, 'n pers makietie en 'n troue in die bosveld tot Griekse jolyt, Franse feestafels en 'n regte troue soos net die Weskus kan.

+
45 TROUROKKE VIR JOU GROOTSTE DAG!
Ouwêreldse prag
Die bruid vanvandag hunker veral na gister se glorie. Trourokke is wolksag,met baie valle, kant en borduurwerk. Die lang sleep en tiaramaak plek vir die sjiek kadotjie-sluier en vintagehaarversieringsmet vere, blommeendiamanté. Die goeie ouedae waarvan Laurika Rauch sing, is terug. Ten minste wat troues betref. Die nostalgiese plaastroue bly gewild en jy kry die atmosfeer met al die mooigoed wat jou oumaop háár tafel gehad het. En, soos toenteryd, word daar dae lank bruilof gehou. Van Vrydag tot Sondag!

Kry die nuutste trends vir blomme, glanshare en onthaal-idees
PLUS
WEN MEER AS R140 000 se pryse! Onthou om op sarie.com in te skryf vir die Bruidspaar van die Jaar-wedstryd.
"Troufoto's is magic. Niks kom by daardie innige oomblik tussen twee pasgetroudes nie. Lekker lees en beplan aan jou droomdag met SARIE BRUID as jou inspirasie!" sê Lindi Wehrle van SARIE BRUID.
Verwante artikels
-
Louis Vuitton, Bono op Upington
SARIE September 2010
Droë gras, bossies, heuwels en wie sou nou kon dink: Louis Vuitton!
-
Troukos: Wat is op die bruidstafel?
SARIE September 2010
Romanse, nostalgie en troukoeke bly deel van die spyskaart, maar harte neem oor én die troutafel raak “groen”. So sê drie spyseniers by wie Martie Swanepoel gaan kers opsteek het






















Kommentaar
Betsie Marais het gesê:
Ons seun trou 13 Oktober 2012. Kan hulle nog vir die bruidspaar van die jaar inskryf?
15de Mei. 2012, 16:17magda de villiers het gesê:
Ek sien die ander mense kla ook oor die tydskrif nie op die rakke beskikbaar is nie. Waar kan mens dit dan in die hande kry? Kan mens dit iewers bestel?
17de Apr. 2012, 12:24Aletta Theron het gesê:
Sarie bruid is 'n jaarlikse uitgawe. Hoekom is dit nie beskikbaar nie. Julle as tydskrif verloor geweldig baie geld deur nie die tydskrif op die rakke te hou nie. Ek is ook op soek na uitgawes van die Sarie bruid maar dit is nie eers op die internet beskikbaar om deur te blaai nie.
28ste Feb. 2012, 20:52Christin Ahrens het gesê:
Ek wil graag uitvind of ons nog kan deel neem in die Bruidspaar van die jaar! Kan jy vir my laat weet. Ons het nou eers ons fotos gekry Laat my asseblief laat weet Dankie Christin Ahrens
14de Jan. 2012, 12:49Christin het gesê:
Where is the English button on this website?
27ste Sep. 2011, 23:01Marietjie het gesê:
Wanneer is die nuwe sarie bruid weet beskikbaar?
29ste Jun. 2011, 14:18Marcell het gesê:
Ek wil graag inskryf vir bruid van die jaar vir 2011, ons is in April 2011 getroud,is daar al 'n datum vir 2011?
28ste Jun. 2011, 11:50Sam het gesê:
Is die kompetisie al gesluit? kan ek nog in skryf?
8ste Apr. 2011, 15:59Chantel het gesê:
ek kry ook nie die tydskrif in die hande in die Pretoria en Centurion omgewing nie? Help asb? ons het ingeskryf vir bruidspaar van die jaar, wanneer word die wenner gekies, hoe lig julle die mense in? Dankie
29ste Mar. 2011, 12:32tersia het gesê:
Bly om te sien dis nie net ek wat nie die tydskrif kan kry nie. Bly in centurion. help asb
25ste Mar. 2011, 06:52Juanita Calitz het gesê:
Ag nee ek het nou ingeskryf vir die kompetiese maar hoe weet ek wanneer die wenner gekies word?
16de Mar. 2011, 11:17Tilla Lotter het gesê:
Goeie dag My dogter woon in London en is op soek na julle bruid uitgawe vir 2010/2011 wat in September verskyn het. Kan julle groot asb vir my laat weet waar ek een kan kry. Dankie
15de Mar. 2011, 14:04Ellehcim het gesê:
ek wil ook vreedlik graag inskyf ek het eers my kiekies vrydag ontvang ons is in dec getroud, is daar enige manier wat ons net 'n kansie kan vat om in te skryf
8ste Mar. 2011, 09:11Levien Brown het gesê:
Kan ek dit bestel?
7de Mar. 2011, 12:14Levien Brown het gesê:
Kan ek dit bestel?
7de Mar. 2011, 12:13Mathilda het gesê:
EK het nou eers my fotos gekry -- ek is 5 feb getroud --- nou sien ek die kompetisie het sommer al 28 Feb gesluit? Wat van die bruide wat selfs nog later in Feb getrou het? Kan hulle dan nie inskryf nie?
3de Mar. 2011, 08:26Ronel van zyl het gesê:
Bly in Rustenburg, opsoek na Sarie Bruid. Nerens te vinde nie.
16de Feb. 2011, 16:49Elzet het gesê:
Ek het die nuutste uitgawe gekry. Ek wil graag weet waar ek een van die rokke in die hande kan kry. Dis die 50 geinspereerde rok met n oop rug. My troue is die 10 desember. Help my asb.
16de Feb. 2011, 09:08liezl het gesê:
kan iemand asb die website update. wie is die ander wenners vir die bruid van die maand??
15de Feb. 2011, 09:32Alicia het gesê:
ok, ek sien almal vra maar niemand antwoord nie?? EK SOEK DIT OOK!! Ek bly in Bellville en was nou in elke liewe winkel. ASB HELP!!
3de Feb. 2011, 13:10Leanda het gesê:
Kan ek dit hier bestel? Kry dit nêrens in die Kaap nie!
2de Feb. 2011, 19:21Odette Wiggill het gesê:
Ek kry nie die Sarie Bruid in die hande. Waar kan ek dit bestel?
26ste Jan. 2011, 09:52Nicolene Verreynne het gesê:
Ek kry nie die Sarie Bruid in die hande. Waar kan ek dit bestel?
22ste Jan. 2011, 13:41Merthall het gesê:
Merthall Ek wil ook n Sarie Bruid bestel en kry dit nerens nie. My troue is 17 Dec 2011 10 JAN 2011
10de Jan. 2011, 16:15Tarien Visagie het gesê:
Ek wil baie graag in u Sarie Bruid adverteer. Kan u asb vir my die nodige besonderhede stuur.
31ste Des. 2010, 09:23Karlien het gesê:
Ek kry dit ook glad nie in Brits nie
2de Des. 2010, 14:47annelize het gesê:
Waar in centurion kan mens dit kry?
24ste Nov. 2010, 07:26Jeanelle het gesê:
Ek kry ook nie die boek in die hande nie - waar kan ek nog soek??? Ek bly in Brackenfell (Kaapstad). Groete Jeanelle
15de Nov. 2010, 07:36Jeanne Bestbier het gesê:
Waar is die boek beskikbaar? Kan ook nie een in die hande kry nie. Ek woon in Somerset Wes.Sal dit graag wil hê vir idees vir my dogter se troue!! Groete. Jeanne Bestbier
11de Nov. 2010, 12:49ereen het gesê:
Ek sal ook graag 'n boek wil bestel. ek kry nie een in die hande nie
11de Nov. 2010, 11:42michelle het gesê:
is daar nog van hierdie boek beskikbaar of kan ek een bestel
9de Nov. 2010, 12:59Amelda het gesê:
Waar kan ek die Sarie Bruid kry-soek orals in Middelburg Mpumalanga. My dogter trou 18 Desember en wou idees kry?
2de Nov. 2010, 19:44Brigitte het gesê:
Waar kan ek die sarie bruid kry ek het seker al in elke winkel gekyk in roodepoort ek weni of dit so vinnig uitverkoop of wat nie?? dankie
14de Okt. 2010, 09:29Celeste Hugo het gesê:
Het julle dalk 'n kontak waar ek laser houtsneewerk kan laat doen soos met Estelle & Pieter Wasserfall se troue bl.58.
3de Okt. 2010, 18:10Elsabe het gesê:
Ek het dit ook nog nerens raakgeloop nie - sou graag wou idees kry!
23ste Sep. 2010, 16:16Marina het gesê:
Ek kry dit ook nie, wil dit so graag vir my skoonsus gee vir haar trou beplanning.
21ste Sep. 2010, 14:59Marina het gesê:
Ek kry dit ook nie, wil dit so graag vir my skoonsus gee vir haar troue.
21ste Sep. 2010, 14:58Lorraine du Plessis het gesê:
Ek kry dit ook nie in Olivedale iewers nie! Wat nou?
20ste Sep. 2010, 12:00Wilma Visagie het gesê:
Asseblief, kan ons dit nie van die webtuiste af bestel nie, want in die Paarl Wes-Kaap kry ek dit nêrens nie!! Groot asseblief.
17de Sep. 2010, 16:04grizelle het gesê:
ek kry die tydskrif nie in pretoria centurion in die hande nie.
15de Sep. 2010, 17:50