'n Nuttige troue-tydlyn
Ons nuttige troue-tydlyn sal alles vlot en stresvry laat verloop
12 MAANDE
* Stel ’n troudatum vas.
* Besluit hoe groot jou troue gaan wees.
* Kontak ’n huweliksbeplanner (indien julle een wil gebruik).
* Besluit waar die seremonie en onthaal gaan wees en bespreek die plek.
* Bespreek die persoon wat julle gaan trou.
* Stel ’n begroting op en besluit wie gaan vir wat betaal.
* Bespreek die fotograaf.
10 MAANDE
* Stel ’n spesifieke gastelys saam.
* Nader ’n ontwerper of boetiek vir jou trourok.
* Kies jou gevolg en bespreek hul uitrustings.
* Besluit op die spyseniering en bespreek ’n spysenier.
* Besoek ’n paar bloemiste oor jou blomme en kies die een waarvan jy hou.
* Kies die musikante, orkes en DJ en bespreek so gou moontlik.
8 MAANDE
* Bespreek en vergader met jou bloemis, dekorkonsultant en beligtingspesialis om die styl van jul troue te bepaal.
* Indien jy ekstra tafels, stoele of breekgoed moet kry, bespreek dit nou, nadat die atmosfeer en styl van jul troue bepaal is.
* Bespreek jou hare- en grimeerkunstenaar.
* Begin met die spyskaart- en wynbeplanning.
* Stuur ’n “save the date”-e-pos of -kaartjie aan al die gaste.
6 MAANDE
* Stel ’n geskenklys saam. (Onthou om die lys later by te werk, nader aan die troudatum, aangesien sommige items later nie meer op die rak sal wees nie.)
* Ontwerp en bestel jou uitnodigingskaartjies.
* Sit besonderhede soos jou geskenklys en verblyfvoorstelle by die uitnodigingskaartjies of skep ’n webtuiste vir jou troue.
* Begin reël jul wittebrood.
4 MAANDE
* Pos die uitnodigingskaartjies. (As heelparty gaste ver woon, kan jy dit nog vroeër pos.)
* Praat met jou aanstaande oor sy en die strooijonkers se uitrustings.
* Beplan tafellyste vir die onthaal en kerkprogramme.
* Besoek juweliers vir inspirasie van trouring-ontwerpe.
* Finaliseer vervoer vir die troudag.
* Besluit of julle geskenkies vir die gaste gaan gee en kry dit gereed.
2 MAANDE
* Koop die trouringe.
* Raadpleeg ’n prokureur oor die huwelikskontrak en reël die troulisensie.
* Bestel drank (as dit nie deur die spysenier verskaf word nie).
* Koop bykomstighede wat by jou rok pas.
* Laat die strooijonker of een van die bruidegom se vriende die ramparty reël.
* Laat een van jou vriendinne of strooimeisies die kombuistee reël.
1 MAAND
* Pas jou rok aan en laat die gevolg ook hul uitrustings aanpas.
* Handel die tafellyste af sover jy kan en teken ’n sitplekplan.
* Teken finale skryfbehoefte-bestelling af.
1–2 WEKE
* Gaan haal jou trourok.
* Maak seker die bruidegom en gevolg se uitrustings is gereed.
* Bevestig gastelys (bel genooides wat nie reageer het nie).
* Bevestig die aantal gaste, tyd, plek en ander besonderhede finaal met die spysenier.
* Bevestig alles met die bloemis, fotograaf, videograaf, DJ en ander diensverskaffers. Maak seker alles is op skrif en dat genoeg tyd gelaat word vir moontlike verkeers- of ander probleme.
* Praat met die gevolg en seremoniemeester oor hul take.
* Bevestig die wittebroodreëlings.
* Reël dat iemand jou trougeskenke huis toe neem ná die onthaal.
3 DAE VOOR DIE TROUE
* Pak jou wittebroodstas.
* Bederf jouself met ’n skoonheidsbehandeling of massering (gesigbehandelings niks later as drie dae voor die troue nie).
2 DAE VOOR DIE TROUE
* Doen ’n proeflopie van die seremonie op die plek waar julle gaan trou, min of meer dieselfde tyd as wat die troue gaan plaasvind.
DIE DAG VOOR DIE TROUE
* Sien ons skoonheidskalender vir alles wat jy vandag moet doen.
* Gee die ringe vir die strooijonker.
* Bring tyd deur saam met jou familie en geliefdes.
OP JOU TROUDAG
* 30 minute voor jy instap: die plekaanwysers moet gereed staan
* 20 minute voor jy instap: die musiek begin
* 5 minute voor jy instap: die bruidegom se ouers sit
* Net voor jy instap: die bruid se ma sit en bruidegom, strooijonker en dominee staan
NÁ DIE TROUE
* Handel laaste betalings af.
* Laat jou rok skoonmaak en stuur dit terug as jy dit gehuur het.
* Stel alle instansies so gou moontlik in kennis van jou naams- en/of adresverandering.
* Stuur dankie-kaartjies aan almal wat die troue bygewoon het of geskenke gestuur het.
deur Aleit Swanepoel, Aleit Wedding Coordination 021 887 4448, www.aleit.co.za
Volg SARIE op Twitter en Facebook
Verwante artikels
-
Begroot reg
Begrotingsriglyne en die belangrikste wetsaspekte van trou
-
Hoe gaan Kate lyk op haar troudag?
SARIE - November 2010
Die koninklike paartjie se troudatum is pas bekend gemaak: 29 April 2011! Maar nou begin die volgende rondte raaiskote oor wie haar rok gaan ontwerp ...
















Kommentaar
Leoni het gesê:
Hallo... Ek is opsoek na hoe 'n kerkprogram moet lyk asook die program vir die onthaal ... Kan enigeeen my asb help..... Het geen idee hoe dit werk nie....
18de Mei. 2012, 16:00Lizette het gesê:
Middag kan iemand dalk help?? Ek is opsoek na 'n moontlik program van hoe die seremonie moet verloop.
7de Feb. 2012, 16:25RONEY het gesê:
EK WIL NET WEET WAT MOET PRESIES IN DIE KERKBLAADJIE STAAN GEDURENDE DIE SEREMONIE? VANAF 1 TOT DIE LAASTE?
24ste Jan. 2012, 10:08Ora Kuhn het gesê:
Kan iemand asb stipuleer wat is die bruid se ouers se verantwoordelikheid en wat is die bruidegom se ouers se verantwoordelikheid (tov blomme, onthaal ens).
19de Des. 2011, 16:34Tanya het gesê:
Het iemand dalk vir my 'n "program" waarvolgens die onthaal verloop? Watter heildronke kom eerste ens ens ens? Middag Ek wil graag weet wat is die Bruidegom se ouers se verandwoordelikheid rondom 'n troudag van hul seun Kan iemand my asb help met die verloop van die onthaal, toesprakke ens..en ook wat die stooijonker se pligte is? Dank
27ste Okt. 2011, 13:52Elize Roux het gesê:
Middag Ek wil graag weet wat is die Bruidegom se ouers se verandwoordelikheid rondom 'n troudag van hul seun>
24ste Okt. 2011, 12:33Anton het gesê:
Iemand het my gevra om seremonie meester te wees op hul troue. dis my eerste keer. het iemand dalk vir my inligting wat moet wanneer gebeur ( program). Baie dankie.
7de Okt. 2011, 09:12Ena Hamman het gesê:
Kan iemand my asb help met troukaartjie- bewoording?
19de Sep. 2011, 15:18Cornell het gesê:
Wil graag uitvind in watter volgorde die heildronke op 'n troue ingestel word. Is dit eerste die oupa's en ouma's of eerste die ouers?
19de Sep. 2011, 14:17Zelda Jonker het gesê:
Ek soek n program van hoe die seremonie kan verloop? Enige raad asb!?
16de Sep. 2011, 12:24Ilisma het gesê:
Het iemand dalk vir my 'n "program" waarvolgens die onthaal verloop? Watter heildronke kom eerste ens ens ens?
12de Jul. 2011, 14:49Estee het gesê:
Ek wil ook graag weet watse heildronke kom eerste, en hoe di onthaal verloop, asb...
21ste Jun. 2011, 21:59Rachie Vra het gesê:
Het iemand dalk vir my 'n "program" waarvolgens die onthaal verloop? Watter heildronke kom eerste ens ens ens?
21ste Jun. 2011, 12:07M het gesê:
Het iemand dalk vir my 'n "program" waarvolgens die onthaal verloop? Watter heildronke kom eerste ens ens ens?
2de Jun. 2011, 13:44Jo-Anne Edwards het gesê:
Kan iemand my asb help met die verloop van die onthaal, toesprakke ens..en ook wat die stooijonker se pligte is? Dankie
5de Mei. 2011, 07:14AMANDA het gesê:
BAIE NUTTIG. HET OOK NET 'N LYS NODIG VAN VOLGORDE VAN VERRIGTINGE MET SEREMONIE, ASOOK ONTHAAL. Baie Dankie
28ste Mar. 2011, 16:27Amanda het gesê:
Ek is dringend opsoek na die korrekte Afrikaanse bewoording vir die seremonie program, oftewel "Order of Service". Kan iemand help, groot asb?
11de Mar. 2011, 08:17Sandra Gage het gesê:
Kan iemand vir my asb se wat die rol van die blommemeisietjies presies behels.
7de Mar. 2011, 11:12Ronel het gesê:
Kan iemand dalk vir my n program stuur oor hoe die onthaal verloop, bedankings ens ens. Dankie Ronelo
17de Feb. 2011, 10:46Lezelle het gesê:
Troukaartjies,is dit nodig vir n strooimeissie?
6de Feb. 2011, 15:39Lezelle het gesê:
Troukaartjies,is dit nodig vir n strooimeissie?
6de Feb. 2011, 15:39Jana het gesê:
Ek wil graag die antwoorde op al die boonste vrae of kommentaars hê!? Lol
21ste Jan. 2011, 13:52mariette het gesê:
kan julle my dalk help met bewoording vir troukaartjies asb?
2de Des. 2010, 10:08Elizma het gesê:
Monnique, trou julle buite gemeenskap? Jy kan jou hvk en register voor die tyd kry en teken en dan net n romantiese diens dalk by julle huis of in n mooi tuin hou wat jy dan self kan opmaak.
12de Nov. 2010, 13:45Monnique het gesê:
Julle al ooit gehoor van 'n bruid wat 2 keer met selfde man trou, in twee verskillende lande in 6 maande! Wel ek moet en voor die magistraat gaan my eerste een wees, daarna die droom troue wat ek nog altyd wou gehad het! My vraag is hoe kan mens die diens voor die magistraat romanties maak?
8ste Nov. 2010, 12:06Monnique het gesê:
Ek wil weet oor die begroting is dit tradisie dat die bruid se ouers vir die hele troue betaal? En moet mens 'n trou koek hê?
6de Aug. 2010, 16:01Maryke van SARIE het gesê:
Hi Sune. Ons bevestig jou vraag net met 'n troubeplanner en antwoord jou dan hier terug.
15de Mar. 2010, 18:17Sune Greef het gesê:
Het iemand dalk vir my 'n "program" waarvolgens die onthaal verloop? Watter heildronke kom eerste ens ens ens?
15de Mar. 2010, 13:42COLENE VISSER het gesê:
Baie goed maar ek het n program vir die laaste week voor Saterdag my troudag nodig! en ook op die troudag soos 8 uur staan op......9 ontrby....10pak tassie en neem trourok na hotel 11 uur gaan vir hare 2 uur ligte ete by hotel 0 strooimeisie by my hare klaar nou kamer en nee bad dan kom joabne en grimering eers Ma strooimiesie dan ek die Bruid kar kom 4.30 ... nou by die ker ligte musiek kinders stap in ma;s stap in klokkelui, belofte gelees - troumars begin en bruiden pa stap; wanneer sing JaCO wabwanneer kerse aansteek- ens
5de Jan. 2010, 22:23marthe.lotz het gesê:
Dis ook maklik om AL die bogenoemde in 2 maande te doen, baie minder uitgerek en ook glad nie stresvol nie. Dit gaan immers oor die droom man en nie oor die droom troue nie... dis wel ook moontlik om albei te he!
17de Sep. 2009, 09:33