VIDEOGREEP: YouTube

Bruid

Bruidegom en ma se dans sorg vir groot opwinding

Gister het ’n bruid se dans op haar troudag ná haar pa se dood ons harte gesteel. Vandag het nóg ’n dans by ’n troue ons aandag gegryp – maar dié keer vir ’n ander rede.

Die dans tussen die bruid en haar pa en die bruidegom en sy ma is altyd ’n spesiale oomblik tydens die onthaal. Maar dié bruidegom en sy ma se dans het ’n verrassende wending geneem.

Net ná ’n paar sekondes verander die rustige musiek in ’n medley van die grootste danstreffers. En een na die ander dans dié twee die bekende danspassies – van Thriller tot Gangnam Style!

En die ma van die bruidegom doen die dans sonder om te blik of te bloos op haar hoëhakke!

Nóg in ons BRUID-afdeling