pieter_anneri_651
Bruid

Bruidspaar van die Jaar-wenners 2013

“Ek en Pieter het in 2006 op Stellenbosch ontmoet. Ek het nog gestudeer en hy het reeds geboer. Ons het net vinnig gesels en ek het dadelik gedink dis die oulikste man …Deur Facebook kon ek hom weer opspoor. Destyds was hy op pad na Amerika vir vier maande. Ons het kontak behou en mettertyd het die boodskappies langer geword. Hy het belowe hy sal my uitneem as hy terug is, maar ek het nie verwag dat hy sal bel nie en het gedink hy sou vergeet. Maar die dag nadat hy in Suid-Afrika geland het, het hy my uitgeneem op ’n date

“Ons het in Januarie 2011 op Chapmanspiek in die Kaap verloof geraak. Terwyl ek nog besig was om foto’s van die uitsig te neem, het Pieter op sy een knie afgesak en die swart boksie uit sy sak gehaal. Die oomblik was so oorweldigend, ek het eers ’n bietjie aan skok gely voordat die woord ‘JA!’ uitgekom het.

“Ons troudag was die gelukkigste dag in my lewe! Nie net kon ek en Pieter ons liefde deel met vriende en familie nie, dit was ook ’n voorreg dat my pa, wat ’n maand later skielik oorlede is, my kon inbring.”

Hier’s nog foto’s van dié gelukkige paartjie se mooiste dag.

Anneri en haar ma, Marietjie van BlommesteinAnneri CarinusAnneri CarinusAnneri Carinus

Anneri, Pieter en hul geselskap

Anneri en haar blommemeisies

Anneri Carinus

Pieter en Anneri Carinus

Anneri en haar pa, Deon, op haar troudag

Pieter en Anneri Carinus

Anneri en haar blommemeisiesPieter en Anneri Carinus

Pieter en Anneri Carinus

Pieter en Anneri Carinus

Pieter Carinus en sy strooijonkers

Anneri, haar ma Marietjie en haar blommemeisies

Pieter en Anneri Carinus