FOTO: Instagram @beaches.resorts

FOTO: Instagram @beaches.resorts

Bruid

Die nuwe soort wittebrood

Dink aan wittebrood en die prentjie van ’n paartjie op ’n eksotiese eiland kom by jou op. Maar volgens 101 Honeymoons en The Knot is dít nie meer die geval nie.

Paartjies soek nuwe avonture en ervarings. En ’n doodgewone honeymoon doen blykbaar nie meer die ding nie. Daar’s nou ’n  -moon vir elke tipe paartjie en elke begroting.

Minimoons

Dit raak al hoe meer gewild om nie ’n duur wittebrood van 2 weke oorsee te neem nie. ’n Korter vakansie nader aan die huis is begrotingsvriendelik en bied jou die geleentheid om dalk eerder in ‘n 5-ster hotel vir ‘n paar dae te bly as om in minder luukse verblyf vir langer te bly.

FOTO: Instagram @sparisch

FOTO: Instagram @sparisch

Maximoons of YOLO-moons

YOLO staan vir you only live once. En paartjies wat dié opsie kies, neem dié sêding ter harte. Pasgetroudes kies lang vakansies – soos om maande deur Europa te toer. Hulle sien dit as die laaste ‘vryheid’ voor verantwoordelike soos huislenings en kinders oor hul pad kom.

Honeyteering

Meng liefdadigheid (volunteering) met jou wittebrood – vir paartjies wat daarvan hou om te gee. ’n Gewilde bestemming hiervoor is Thailand waar jy in ’n luukse hotel kan bly terwyl jy met dierebeskerming help of vir Thaise kinders Engels leer.

Bron: The Sun Daily