FOTO: Gallo Images / Getty Images

Bruid

Drew Barrymore se raad aan bruide

Drew Barrymore is nie net ’n bekende aktrise nie, sy is ook die hoof van haar eie skoonheidsreeks, Flower. Dié aktrise gee skoonheidsraad aan bruide.

Haar beste raad? Hou dit natuurlik. “Die dag is so belangrik, ek dink die grootste fout wat jy kan maak, is om dit te oordoen,” het Drew aan Hello! gesê.

“Lyk soos jouself op jou troudag – moenie groot krulle kry en swaar onderlaag opsit sodat wanneer jy terugkyk op jou foto’s jy dink, ‘Whoa, dit lyk nie soos ek nie’.”

Dit moet soos jý lyk, maar die mooiste, natuurlike weergawe van jouself.

Die 39-jarige swanger aktrise is bekend vir haar rooi lipstiffie en het ook ’n helderrooi lip gedra op haar troudag in 2012 met Will Kopelman.

Drew sê haar hare vir haar groot dag het net 10 minute geneem en sy het min grimering gedra. “Daar is ’n tyd vir opvallende grimering. Jou troudag is nie die tyd nie.”

Drew se wenke vir jou troudag

  • Dra natuurlike grimering
  • Moenie jou onderlaag te dik opsit nie
  • Moenie jou hare stileer op ’n manier wat jy dit nooit dra nie
  • Moenie jou hare kort voor jou troudag kleur nie
  • Verf jou naels in kleure met grys en neutrale ondertone
  • Lyk soos jouself

Drew se troudag in 2012:

v1who_1806_cover_4col_nbc_small_17t0jg0-17t0jg2Drew en haar vriendin Cameron Diaz dra albei grimering van haar reeks, Flower.

Drew is swanger met haar tweede dogter. Haar eersteling, Olive Barrymore Kopelman, is in September 2012 gebore.

Hoe doen jy natuurlike grimering? LEES HIER!