img_7872
Bruid

EKSTRA FOTO’S: SARIE Bruidspaar van die Jaar 2011

Haar kinderdroom is bewaarheid.

’n Troue in die “feetjiebos” op die familieplaas 
en ’n onthaal in die ou melkskuur. Vir Heléne Steinberg en 
haar bruidegom, Marius Coetzer, van Pretoria het alles 
“net reg” gevoel.

“Ek is in my hart ’n kaalvoet-plaasmeisie. Die bos was so skoon en die wind was in my hare . . . En by my hartsmense en niemand wat liewer vir my kan wees as Marius nie.”

Die twee het hard gewerk en al hul verlof gebruik om self die 200 jaar oue melkstal betyds vir die troue te omskep.

Almal was betower deur die roomkleurige vintage-skepping deur haar Pretoriase vriendin en ontwerper Julia Edge.

Die troue is deur 200 gaste bygewoon op haar ouers se gasteplaas Florence naby Chrissiesmeer in Mpumalanga. Die dag was ekstra spesiaal omdat hulle die eerste paartjie was wat by die nuwe Venue @ Florence Farm getrou het.

Die werklikheid was nóg beter as haar drome.  

“En dís ook my definisie van liefde wat werk!”

Heléne en Marius wen:

’n Luukse wegbreek, vliegkaartjies, juweliersware, parfuum, horlosies en huisware met ’n gesamentlike
waarde van sowat R44 000.

FOTO’S: SPLENDID PRODUCTIONS

Die gasteplaas, Florence, naby Chrissiesmeer in MpumalangaSy het wighakke gedra – ook Kate Middleton se gunsteling-skoenstyl

Klein bekers word deel van die dekorDie lang tafel

Heléne se pragtige haarstyl

"Ek is in my hart 'n kaalvoet-plaasmeisie"

'n Enkele roos 'n wenner!Die blomdetail en Coke-botteltjies met strokies

Prettige 'vintage'

Stewels en chiffon – 'n treffende kombinasie

Die prag lê in die eenvoud

Die 'vintage' detail van haar rok deur vriendin en ontwerper Julia Edge

En die groot belofte is gemaak!

Vintage tasse 'n mooi fokuspunt

Stralend van geluk

'n Wenpaartjie!

"Niemand kan liewer vir my wees as Marius nie."

Die mooi rugdetail

Hulle sien uit na die saamwees wat kom

  • Karin

    Baie mooi! Baie geluk!

  • marlene

    Pragtig!!! iets heel anders en besonders

  • Ronel

    Stunning foto’s, bruid, venue – mooooi !

  • Gillian

    Sjoe ongelooflik, jul verdien die wen! Mooi wense vir die toekoms!

  • verdette Bruwer

    Sjoe pragtige fotos!!!!

  • Tessa

    Fantasties!!!!! Dit is ‘n verdiende wen.

  • Jonet van der Westhuizen

    Baie geluk Marius en Helene!! Geniet elke oomblik van die wen en die vakansie en al die bederwe! Dis ‘n ongelooflike gevoel wat nooit vervaag nie! Well done mede 2002 Klofie!hehe, hoe toevallig!

  • Lynette Andreka

    Dit is so mooi! Van die foto’s is verfrissend anders as die gewoon. Die hele vintage gevoel is vasgevang.
    Komplimente aan die fotograaf…."Job well done". En die bruidspaar…julle het stunning gelyk. Baie geluk.

  • Sonja

    Sjoe!! Pragtige fotos en voorwaar ‘n pragtige paartjie, hulle het verdien om die wen paartjie te wees. Ek wens hulle net alles wat mooi is toe vir die toekoms. Baie geluk

  • marie

    dit is hemels mooi!!

  • Karen Botha

    Ongelooflike mooi fotos!! Baie geluk! :)

  • Nadia de Jongh

    Verby pragtig! Ongelooflik! Baie geluk

  • Jutta Hanneman

    Fotografiewerk is puik gedoen….geluk…julle verdien dit!!!!!

  • Magriet Le Roux

    Baie geluk dit is absoluut pragtig en mod… ek kan nie wag dat my meisiekind moet trou nie…

  • Maryna

    Sjoe, ongelooflik! Beter as enige sprokies troue! Jy het asemrowend gelyk! Geluk!!!

  • Martie janse van Rensburg

    Ek dink dit is pragtig en die fotos is iets besonders beslis anders as die gewone baie geluk aan die bruidspaar mag daar wonderlike jare op julle wag.

  • Johanna Bouwer

    Pragtige fotos en n pragtige trou vir n pragtige paartjie. WOW!!!

  • Nicolene du Plessis

    Julle verdien om te wen, so ‘n pragtige paartjie en die troue lyk so awesome!

  • Paula du Preez

    Dit was beautifulll alles was so natuurlik baie geluk julle twee:-)!

  • Madeléne

    Ai!!mooi bly darem maar mooi!!Baie geluk julle!

  • melanie naude

    iets heeltemal anders en pragtig verby!!!! veels geluk!

  • Michelle

    Baie spesiaal. Kan sien die dag was iets besonders.Hoop jul huweliksreis is ook so opwindend!

  • Karin

    Julle was van die begin af my "favourites". Lyk na ‘n "awesome" couple, baie baie geluk!!!!

  • Lerina Kirsten

    Baie mooi!!! Wie is die fotograaf?

  • Anneri Buitendach

    Baie geluk julle twee! *** Prentjiemooi trou gewees!! xxx

  • Hetta

    Pragtig,dis nou spesiaal en oorspronklik.Mag julle baie gelukkig wees.

  • Regina

    Splendid Poductions het die fotos gedoen vlgs die Sarie Artikel!

  • Santa Harding

    Baie baie mooi!!! Julle is ‘n pragtige paartjie.
    Ane die tafels was prentjie mooi!!

  • Sandra

    Besonders en net wat die bruidspaar wou hê. Het al daar oornag en dit is pragtig verby. Alles wat mooi is vir julle

  • ekself

    Stunning! Mooi! Pragtig! iets anders!

  • Francia Botha

    Oooo dis MOOI!!!

  • Cherize

    Dis ‘n pragtige troue gewees julle!!!

  • Siti

    Ik las dat 23 me nu een rechtszaak boven het hoofd hangt vnwaege het organiseren van deze feestjes in New York waar het verboden is om dit soort praktijken aan te bieden. Als politiek antwoord gaf 23 me dat ze in overleg zijn met New York om uit de impasse’ te komen (lees: dat gaat ze heel veel geld kosten om het af te kopen).Ik ben hier niet direct tegen maar ik vind wel dat de resultaten van dit soort testen zeer duidelijk door een genetica professional aan de deelnemers moet worden uitgelegd. Ik kan me voorstellen dat die Sergey Brin op een bepaald moment redelijk paranoia gaat worden als ie een keer vergeet z’n pak bij de stomerij op te halen. De verhoging van de kans op een ziekte die hoort bij zo’n DNA verandering is vaak miniscuul klein en niet realistisch om je daar zorgen over te maken. Maarja dat moet je dan wel weten.

  • Hanli Janse van Rensburg

    Self die melkstal omskep? Goeie werk! Dit is ongelooflik mooi*

  • Danéle Wienand

    Baie mooi troue gewees, en baie geluk met die wen

  • Ane Steinberg

    My liefste kinders, ‘n jaar is verby !!!! Ek is so trots op julle, en so dankbaar vir die meetsnoere wat vir ons in lieflike plekke geval het. Ek sal julle nooit kan vergoed vir die hierdie wen plek. Baie Baie Dankie. Die Klipskuur op Florence is fantasties bars uit sy nate ! Ma Ane.

  • sunelle

    Hi, paragtig skoene! Waar het die bruid dit gekoop?